Page 179 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 179

 Groep persoonlike ongevalle
  Ernstige siekte beteken enige van die volgende (vervolg):
        11. Spraakverlies
Algehele en onherstelbare verlies van die vermoë om te praat vir ʼn aaneenlopende tydperk van 12 (twaalf) maande as gevolg van siekte aan die stembande, wat bewys en bevestig is deur mediese verslae, insluitende bevestiging van geen prognose vir herstel nie. Verlies van spraak sal beteken die onvermoë om ʼn verstaanbare woord te spreek of verstaanbare verbale taal te gebruik.
12. Groot Orgaanoorplanting
Die mens tot mens orgaanoorplanting vanaf ʼn skenker na die Versekerde Persoon van een of meer van die volgende organe:
12.1 nier;
12.2 hart;
12.3 long;
12.4 pankreas; of
12.5 beenmurg;
maar uitsluitend die oorplanting van alle ander organe, dele van organe of enige ander weefsel.
13. Motorneuronsiekte
Die ondubbelsinnige diagnose van Motorneuronsiekte, gesertifiseer deur
ʼn konsultant neuroloog, met kenmerkende aanhoudende ergerwordende neurologiese agterstand tot ʼn permanente onvermoë om ten minste 3 (drie) van die
 6 (ses)
13.1 13.2 13.3 13.4 13.5 13.6
Aktiwiteite van die Daaglikse Lewe uit te voer:
Bad: die vermoë om te stort of te bad;
Selfbeheersing: die vermoë om ontlasting en blaasfunksie te beheer; Aantrek: die vermoë om klere aan en uit te trek;
Voeding: die vermoë om voedsel vanaf die bord na die mond te bring; Beweeglikheid: die vermoë om in en uit ʼn bed of stoel te kom; Toiletgebruik: die vermoë om die toilet te gebruik om persoonlike higiëne te handhaaf.
14. Veelvoudige sklerose
ʼn Siekte gekenmerk deur demyelinisering in die brein en rugmurg. Die diagnose moet onomwonde wees en deur ʼn konsulterende neuroloog gemaak word. Daar moet meer as een episode van duidelik waarneembare neurologiese agterstand met voortdurende neurologiese abnormaliteite en met ten minste 25% (vyf en twintig persent) verswakking van die funksie wees. Die diagnose moet ondersteun word deur bevestigende neurologiese ondersoeke, bv. lumbale punksie, ontlokte visuele reaksies, MRB (Magnetiese resonansiebeelding) bewyse van skade in die sentrale senuweestelsel.
15. Spierdistrofie
ʼn Degeneratiewe chroniese en progressiewe siekte met kenmerkende aanhoudende toenemende spierverswakking gesertifiseer deur ʼn konsulterende neuroloog, en wat onderhewig sal wees aan ʼn kombinasie van 3 (drie) uit 4 (vier) van die volgende:
15.1 familiegeskiedenis;
15.2 kliniese beeld, insluitende die afwesigheid van sensoriese steuring, normale serebrospinale vloeistof en matige afname in ligament-reflekse;
15.3 kenmerkende elektromiogram;
15.4 kliniese vermoede bevestig deur spier biopsie wat die diagnose van spierdistrofie bevestig.
   Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 177





































































   177   178   179   180   181