Page 5 - Demo
P. 5

yegumbi lokufundela. E-UCT, uzakuba nethuba lokwandisa izakhono zakho zobunkokheli ngokuthath’inxaxheba kwimibutho, kwiiklabhu, kwiikomiti zeendawo zokuhlala zabafundi, kwiBhunga Elimele Abafundi (SRC) nakwiPalamente yabaFundi (Students Parliament).
Okwesine, sizakukulungiselela umsebenzi oquka ihlabathi jikelele. Sibumbela abafundi amathuba ukuzibandakanya namaqela abafundi ezizwe zehlabathi. Uzakufunda nabafundi abaphuma kwizizwe ezahlukeneyo ezingaphezu kwekhulu, kwaye uzakwakha ubuhlobo obutsha nobungenasiphelo. Kukho amathuba emfundo okufunda ngemiba yehlabathi jikelele. Kukwakho namathuba onokuwasebenzisa ufunda kwiyunivesithi yangaphesheya.
Okwesihlanu, ukukuxhasa, sinikeza ngoluhlu lweenkonzo zabafundi, kuquka iinkonzo nezibonelelo kubafundi abakhubazekileyo, inkonzo engempilo yabafundi (student wellness service), i-o si yonyango nothintelo lwe-HIV ne-Aids, kunye neyophuhliso/yolwandiso lwemisebenzi. Kukwakho nentlaninge yeeklabhu zemidlalo, imibutho yamasiko nezithethe kunye nemidlalo engezoluntu nokuhlala ukukuphuhlisa ngokupheleleyo kwanokukuqinisekisa ukuba wonwaba
ngokupheleleyo. Sikwanalo noninzi lweenkqubo zenkxaso ukunceda abafundi abasuka kumakhaya ahlelelekileyo.
Siyaqonda ukuba imfundo ephakamileyo iyabiza kwaye ayihlawuleki kubaninzi. Sinikeza ngenkxaso-mali ukuqinisekisa ukuba nawuphi na umfundi uyagqwesa ngokwemfundo, nokuba uphuma kwikhaya elihluphekileyo okanye kwelityebileyo, uza kuba nakho ukufunda e-UCT.
Esi saziso sishicilelweyo siza kukunceda ukuba uphonononge iimfuno zezidanga ezahlukileyo, ukhetho ngenkxaso-mali, kwaye sinikeza ngolwazi olumalunga novavanyo lolwamkelo (admission testing), ngendawo yokuhlala kwakunye nezinye izinto. Ukuba usenayo imibuzo, nceda uqhakamshelane ne-o si yolwamkelo ye-UCT ukufumana uncedo.
Sinomdla wokutsala abafundi abanetalente, abakhuthazekileyo, ingakumbi abafundi abanenkathalo ngoluntu nangendawo. Siyakukhuthaza ukuba ukhethe i-UCT. Izakutshintsha ubomi bakho!
Ozithobileyo
Gqr. Max Price, Isekela-Ntloko
Boodskap van die Vise-kanselier
Welkom by die Universiteit van Kaapstad (UK). Ek Is bly jy oorweeg dit om aan hierdie universiteit te studeer, ’n instelling welbekend vir die gehalte van sy onderrig en opleiding, asook sy verbintenis tot die aanpak van samelewingsuitdagings deur navorsing en aktieweburgerskap.
UK bied ’n volle reeks van voorgraadse en nagraadse studierigtings in ses fakulteite aan: Handel, Ingenieurswese en die Beboude Omgewing, Gesondheidswetenskappe, Geesteswetenskappe, Regswese en Natuurwetenskappe. Ons voorgraadse leerplanne is sorgvuldig ontwerp om te verseker dat elke student goed voorberei is vir die werksomgewing van die 21ste eeu.
Hier is   paar belangrike redes waarom jy behoort te kies om aan die UK te studeer. Eerstens sal jy die geleentheid kry om ’n internasionaal erkende kwali kasie te verwerf. Baie van ons gegradueerdes het reeds werk voordat hulle kwali seer en byna almal kry werk binne ’n paar maande nadat hulle graad gekry het, behalwe as hulle om ’n spesi eke rede verkies om nie formele indiensneming te betree nie.
Tweedens sal ons jou blootstel aan van die beste navorsers en dosente ter wêreld. Die gehalte van jou onderrig hou regstreeks verband met die gehalte van die fakulteitspersoneel wat jou onderrig. By UK gee navorsers van hoogstaande gehalte klas en doen dosente van hoogstaande gehalte navorsing. Die jongste navorsingswerk, onderrigmetodes en praktiese ondervinding word dus in jou leerplan geïnkorporeer.
Derdens mik ons daarna om toekomstige leiers te kweek. Jy sal ’n opvoeding verkry wat wyer as die klaskamer-leerplan strek. By UK sal jy die geleentheid kry om jou leierskapsvaardighede deur jou betrokkenheid by verenigings, klubs, koshuiskomitees, die Studenteraad (SR) en die Studenteparlement te slyp.
veld. Ons skep geleenthede vir studente om internasionaal met studentegroepe te skakel. Jy sal saam met studente van meer as ’n honderd verskillende lande studeer, en jy sal nuwe en standhoudende vriendskappe smee. Daar is ook geleenthede in die leerplanne vir studies oor wêreldkwessies.
Vyfdens bied ons, om jou te ondersteun, ’n reeks studentedienste; waaronder dienste en geriewe vir studente met gestremdhede, die studente-welstandsdiens, MIV/Vigs-voorkoming en -behandeling, en ’n loopbaan-ontwikkelingskantoor. Daar is boonop tientalle sportklubs, kulturele verenigings en sosiale aktiwiteite om jou in staat te stel om volledig te ontwikkel en hope pret te hê. Ons het ook talle akademiese ondersteuningsprogramme om studente uit benadeelde agtergronde te help.
Ons besef dat baie nie tersiêre onderrig kan bekostig nie en onderneem om  nansiële hulp te verleen om seker te maak dat enige student wat akademies goedgekeur is, of hy/sy nou arm of van die middelklas is, in staat sal wees om dit te kan bekostig om na UK te kom.
Hierdie Prospektus is saamgestel om jou te help om verskillende graadvereistes en opsies rondom  nansiële hulp te ondersoek, asook om inligting te verskaf oor toelatingstoetse, huisvesting, en dies meer. As jy steeds vrae sou hê, skakel asseblief UK se toelatingskantoor vir bystand.
Ons is gretig om talentvolle, gemotiveerde studente te trek, en veral studente wat waarde aan maatskaplike geregtigheid en betrokke burgerskap heg. Ons moedig jou aan om UK te kies. Dit sal jou lewe verander!
Dr. Max Price Vise-kanselier
Vierdens sal ons jou voorberei vir werk in die internasionale
3


































































































   3   4   5   6   7