Page 13 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 13
GRATIS REIS
‘n Duimloper het tentgemaak in my – ‘n nege-maande gratis reis.
Hakskene in die buik: Skuif op! Ek spruit...
Vulkane spu in my keel.
Ruimtereisiger
dryf kop oor stert in warm see:
ontdek ‘n heelal in my.