Page 58 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 58
HANDVOL KINDERS
‘n Handvol kinders
woon in die basiliek verdoesel tussen eilandplooie waar rosyn-ryp trosse
steeds van ranke druip
bome verknoei is soos ou boere-arms, die aarde besaai met oorryp vye.
Bedags praat hulle nie
-- een kind pluk
een koes een soek
een vind een maak heel. Die aarde nog vrugbaar, strome en visse
nie traag van plastiek nie.
As strale onttrek
oor die basiliek
se gekraakte mosaïek
op
en weg