Page 90 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 90
DIE LANG REIS
Sagkens gesels ons, soos gewoonlik. Sy laat my afdwaal.
Nuus oor my dogter in die verte. Dan tot die punt,
“Ek benodig slaappille vir die lang reis.”
Haar kinders studeer ook wetenskap.
My hart trek saam. Hoe hard swoeg hulle nie.
Haar oë vonkel. Ons stem saam
hoekom ons gaan om die kinders te sien
(kook, skoonmaak, morele ondersteuning)
en hoe ons onsself soms op hierdie togte bederf
met kaartjies na asemrowende konserte.
Ons bespreek ou beserings.
Sy krabbel my voorskrif.
By die deur gooi ek die laaste stuiwer in,
“Binnekort kan navorsing ons onsterflik maak,
tensy mens omgery word?”
(Soos Gaudí in sy sewentigs,
deur ‘n tram... Ek verbeel my, terwyl hy agteruit getree het om sy fantastiese onvoltooide katedraal te bewonder.) Hierdie kosbare huisdokter se vraag
bring die dromer aarde toe:
“So, op watter ouderdom gaan hulle ons oudword stop?”