Page 118 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 118
Spesifieke beperking ten opsigte van die gisting van opgeswaelde soetmos, druiwesap, soetreserwes en konsentraat
Dekking ten opsigte van gisting van 100% soetmos en druiwesap, gisting van soetreserwes en gisting van konsentraat sal beperk word soos hieronder vermeld:
1 Junie tot 30 Junie 75% van die eerste verlies versekerde bedrag 1 Julie tot 31 Julie 50% van die eerste verlies versekerde bedrag 1 Augustus tot 31 Augustus 25% van die eerste verlies versekerde bedrag 1 September en daarna 0% van die eersteverlies versekerde bedrag
Nieteenstaande die beperking van dekking hierbo vermeld, sal die Eerste Bedrag Betaalbaar soos omskryf in 1.1 (a) tot 1.1 (f) steeds van toepassing wees.
Uitgesluite eiendom
Die eiendom wat in die Skedule uiteengesit word, word gevoeg by die eiendom wat in die omskrywing van versekerde eiendom uitgesluit word.
Toevallige Skade – Wyn
Bladsy | 116 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022