Page 120 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 120

 Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
 OMSKRYWINGS
Ten einde die skadeloosstelling ingevolge hierdie Afdeling vas te stel, sal die onderstaande begrippe die volgende betekenis dra:
     Versekerde
1. die eersgenoemde party vermeld in die Skedule, hierna genoem die Benoemde Versekerde;
2. op versoek van die Benoemde Versekerde:
2.1 enige filiaalmaatskappy van die Benoemde Versekerde wat aan die Maatskappy verklaar is;
2.2 enige direkteur, vennoot of werknemer van die Benoemde Versekerde, terwyl hul namens, of in die verloop, en binne die omvang van hul werk of verpligtinge by die Benoemde Versekerde optree.
2.3 enige beampte, lid of werknemer van die Benoemde Versekerde se personeelwinkel, sosiale, sport- of welsynsorganisasie, brand-, noodhulp- of ambulansdiens (uitsluitend mediese praktisyne wat in hul professionele hoedanigheid optree) in hul onderskeie hoedanighede;
2.4 enige direkteur, vennoot of senior beampte van die Benoemde Versekerde ten opsigte van privaat handearbeid uitgevoer deur enige werknemer van die Versekerde vir enige sodanige persoon, met die toestemming van die Benoemde Versekerde;
2.5 enige prinsipaal, in sy sodanige hoedanigheid, vir aanspreeklikheid wat voortspruit uit werk gedoen vir, of namens sodanige prinsipaal deur die Benoemde Versekerde, ten opsigte van aanspreeklikheid waarop die Benoemde Versekerde kragtens hierdie Afdeling van die Polis geregtig sou wees indien die eis teen die Benoemde Versekerde ingestel was;
3. in geval van die dood van die Benoemde Versekerde, die persoonlike verteenwoordigers van die Benoemde Versekerde ten opsigte van aanspreeklikheid aangegaan deur die Benoemde Versekerde
     Besigheid
Liggaamlike besering
soos beskryf in die Skedule en sal die volgende insluit:
1. die eienaarskap, herstel, instandhouding of gebruik van die Benoemde Versekerde se perseel;
2. die voorsiening en bestuur van ʼn personeelwinkel, sosiale, sport- of welsynsorganisasie tot voordeel van die Benoemde Versekerde se werknemers;
3. die voorsiening en bestuur van sekuriteit, brand-, noodhulp- of ambulansdienste;
4. privaat handearbeid uitgevoer deur enige werknemer, met die toestemming van die Benoemde Versekerde, vir enige direkteur, vennoot of senior beampte van die Benoemde Versekerde
       Kommersiële jag- en/ of wildbesigtigings- aktiwiteite
enige kliënte, jagters en of wildbesigtigers wat aan enige sodanige aktiwiteite deelneem of gebruik maak van enige sodanige fasiliteite op die versekerde persele, die eiendom van, of onder die beheer van die Versekerde deur betaling
   dood, besering, siekte of aansteeklike siekte; en besering mag ook senu-skok, sielsangs of geestessiekte insluit
 Bladsy | 118
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022











































































   118   119   120   121   122