Page 121 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 121
Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
Werknemer
1. enige persoon onder ʼn dienskontrak of vakleerlingskap by die Benoemde Versekerde;
2. enige persoon onder ʼn dienskontrak of vakleerlingskap by ʼn ander werkgewer en wat gehuur of geleen word deur die Versekerde;
3. 3.1
enige arbeidsmakelaar of slegs arbeid subkontrakteur of persoon wat deur enige van hulle verskaf word;
3.2 enige selfwerksame persoon;
3.3 enige persoon wat deel vorm van enige owerheid, of ander gemagtigde werkservaring, opleiding, studie, uitruil- of soortgelyke skema;
3.4 enige vrywillige persone, terwyl hulle besig is om werk vir die Benoemde Versekerde te doen wat met die besigheid verband hou
Gebeurtenis
enige een gebeurtenis, of alle gebeurtenisse van ʼn reeks na aanleiding van, of toeskryfbaar aan, een oorspronklike oorsaak insluitend, maar nie beperk nie, tot
een of meer gebeurtenisse van liggaamlike of persoonlike besering, of verlies van, of skade aan eiendom wat verband hou met dieselfde ontwerpersfout, vervaardiging, gebruiksaanwysings, verpakking of etikettering of toeskryfbaar aan die verskaffing van dieselfde produk of produkte wat dieselfde gebrek toon, of dieselfde handeling of versuim om op te tree, en sal as een enkele gebeurtenis beskou word, ongeag die getal beseerde partye, werklike eisers, potensiële of wesenlike eisers, en of die eis deur ʼn klas-aksie of individueel deur die betrokke eisers ingestel is
Eerste bedrag betaalbaar
die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, wat die Versekerde vir elke gebeurtenis sal betaal ten opsigte van alle skade, die eiser se koste en uitgawes en Regsverdedigingskoste (insluitend ondersoekkoste, behalwe die maatskappy se eie salaris en ander interne koste), voordat die Maatskappy aanspreeklik sal wees om enige betaling kragtens hierdie Afdeling van die Polis te maak
Skadeloosstellingsperk
die algehele aanspreeklikheid van die Maatskappy vir alle bedrae betaalbaar kragtens die Omskrewe Gebeurtenisse en sal nie die gegewe bedrag vermeld in die Skedule oorskry nie.
Indien ʼn gebeurtenis aanleiding gee tot ʼn eis of ʼn reeks eise wat die onderwerp van skadeloosstelling vorm onder meer as een geldige afdeling van hierdie Afdeling van die Polis, sal die algehele bedrag van die Maatskappy se aanspreeklikheid ten alle tye beperk wees tot die grootste skadeloosstellingsperk beskikbaar onder enige een van die geldige afdelings in hierdie Afdeling van die Polis wat skadeloosstelling vir die eis of ʼn reeks eise kan bied.
Die skadeloosstellingsperk sal na gelang van die Skedule bepaal word of sodanige ander perk wat van toepassing mag wees kragtens ʼn endossement of spesifieke onderafdeling- perk in hierdie Afdeling van die Polis uiteengesit
Aflandige werk
om aan boord van ʼn vervoermiddel te gaan, van sodanige vervoermiddel af te klim op die finale vertrekpunt van vervoer, na en van ʼn aflandige-installasie of vaartuig, vervoer tussen, of werk op, ʼn aflandige-installasie of vaartuig
Persoonlike besering
liggaamlike besering, die aantasting van die reg op privaatheid, diskriminasie, laster, naamskending, onregmatige inhegtenisneming, aanhouding, gevangenisskap, uitsetting of onregmatige beskuldiging van winkeldiefstal
Besoedelende stowwe
enige vaste, vloeibare, gasagtige of termiese prikkelmiddel, rook, roet, stoom, dampe, sure, alkalië, chemikalieë, afval of ander stowwe of besoedelende stowwe, bakterieë, skimmel of ander swam (insluitend, maar nie beperk nie tot, muf of mikotoksien of spore of enige ander stof of produk wat deur skimmel of swamme geproduseer of vrygelaat is), wat in werklikheid of na bewering grond, water, die atmosfeer, eiendom, geboue, of ander strukture of mense, diere, plante, en alle ander lewende organismes, of die algemene omgewing beïnvloed
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 119