Page 122 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 122

 enige finansiële of ekonomiese verlies of uitgawes die gegewe datum vermeld in die Skedule
Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
    Besoedelingsgevaar
1. in werklikheid, beweerde of bedreigend:
1.1 inneming, inaseming, absorbering, vrystelling, ontsnapping, uitstorting, verspreiding, deursypeling van, of kontak met, of blootstelling aan besoedelende stowwe;
1.2 daaropvolgende verspreiding, migrasie of beweging van besoedelende stowwe na aanleiding van 1.1 hierbo;
2. die koste van die skoonmaak, indamming, behandeling, ontgifting, neutralisering, verwydering, monitering van, of toetsing vir besoedelende stowwe en hul uitwerking, hetsy dit deur die Versekerde of derde partye uitgevoer word al dan nie
     Produk
enige goedere (insluitend verpakking, houers, etikettering, instruksies of advies verskaf in verband daarmee):
1. verkoop, verskaf of versprei deur of namens die Benoemde Versekerde;
2. opgerig, herstel, versien, verander, behandel of geïnstalleer deur die Benoemde Versekerde;
3. wat tydens die verloop van besigheid die versorging, bewaring of beheer van die Benoemde Versekerde verlaat
     Eiendom
tasbare eiendom, behalwe in Onderafdeling 1 van hierdie Afdeling van die Polis waar dit die reg op lig, lug en water insluit, maar, om twyfel te vermy, nie inligting (insluitend elektronies gestoorde inligting), intellektuele eiendom, of nie-tasbare eiendomsreg van enige aard of enige waarde daaraan geheg, insluit nie
  Suiwer finansiële verlies
 Terugwerkende datum
     Stelselweiering
onklaarraking of nie-funksionering van enige meganiese en/of elektroniese stelsel (hetsy die Versekerde se eiendom al dan nie) veroorsaak deur:
1. die reaksie van ʼn rekenaar op enige datum of datumverandering; of
2. die weiering van ʼn rekenaar om op enige datum of datumverandering te reageer; of
3. enige verlies van, skade aan, verandering of korrupsie van, data of sagteware op ʼn rekenaar of rekenaarstelsel, of enige rekenaarvirus, of binnedringing van, of agteruitgang van, of skending van sekuriteit in, of weiering van toegang tot ʼn rekenaar, rekenaarstelsel of webwerf.
Rekenaar sluit in: rekenaarhardeware, -sagteware, mikroskyfie, -verwerker, enige elektroniese toerusting en enige toestel wat elektroniese instruksies of inligting gee of ontvang
    ONDERAFDELING 1 – GEMEENREGTELIKE AANSPREEKLIKHEID
Hierdie Onderafdeling sal die Versekerde skadeloosstel ingevolge die Omskrewe Gebeurtenisse ten opsigte van:
1. besering aan enige persoon;
2. verlies van, of skade aan eiendom;
3. verhindering, verlies van geriewe, betreding, oorlas, of inmenging met enige reg van deurgang, lig, lug, of water; ten opsigte van ʼn gebeurtenis na die Terugwerkende Datum, wat binne die Gebiedsgrense soos hieronder omskryf plaasvind en voortspruitend uit enige eis aanvanklik ingestel teen die Versekerde en waarvan die Maatskappy in kennis gestel is, tydens die versekeringstydperk.
Die Maatskappy se algehele aanspreeklikheid ingevolge hierdie geldige afdeling van die Polis om alle bedrae te betaal waarvoor die Versekerde regtens aanspreeklik is, insluitende die eisers se kostes en uitgawes wat verband hou met enige eiser of aantal eisers ten opsigte van ʼn gebeurtenis, en Regskostes, sal nie die gegewe skadeloosstellingsperk vermeld in die Skedule oorskry nie.
 Bladsy | 120 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022






































































   120   121   122   123   124