Page 124 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 124

 8. verlies of skade en/of verslegting veroorsaak deur en/of wat ontstaan tydens transito per land, lug of see;
9. kwaadwillige gepeuter of inmenging met produkte;
10. alle eise vir, en wat ontstaan weens verandering in die kenmerke van wyn en verwante produkte;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
Die uitdrukking “verandering in die kenmerke van wyn en verwante produkte” sal insluit (maar nie daartoe beperk word nie) verandering in kleur, tekstuur, helderheid of smaak voortspruitend uit die wisseling van temperatuur weens klimaatsverandering gedurende opberging, hantering, verskeping of vervoer van sodanige produkte.
11. 11.1 skade ten opsigte van uitsprake wat in die eerste instansie gelewer is deur, of verkry is in ʼn ander hof as ʼn hof met regsbevoegdheid binne die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho en Eswatini (voormalige Swaziland);
11.2 koste en uitgawes vir regsgedinge wat deur enige eiser van die Versekerde verhaal word wat nie aangegaan en verhaalbaar is in die gebiede in 11.1 hierbo beskryf nie.
KLOUSULES EN UITBREIDINGS (van toepassing op Onderafdeling 1)
Onderhewig aan al die Bepalings, Uitsonderings, Voorwaardes en Endossemente in verband met hierdie Afdeling van die Polis, sal die Versekerde soos hieronder skadeloos gestel word. Die som van alle betalings gemaak ingevolge hierdie Uitbreidings, sal deel uitmaak van, en nie bykomend tot, die Skadeloosstellingsperk wees nie. Die Uitbreidings is ook onderhewig aan die gegewe bybetaling vermeld in die Skedule.
1. Aanjaag, afdwaal en wegloop van diere
Die skadeloosstelling, soos omskryf in hierdie Afdeling, is uitgebrei om die Versekerde se regsaanspreeklikheid wat voortspruit uit, diere wat aangejaag word, en/of diere wat afdwaal, of wegloop, in te sluit;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Versekerde alle redelike voorsorg tref om skade te verhoed en dat alle wetgewing met betrekking tot die aandryf of aanjaag van diere op openbare paaie nagekom word;
2. dat alle hekke, heinings en grensdrade van veekampe ten alle tye in 'n goeie toestand gehou word en dat alle hekke wat direkte toegang tot openbare paaie verleen, ten alle tye behoorlik toegemaak is;
3. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met 'n minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) en 'n maksimum van R25 000 (vyf en twintig duisend rand) van ieder en elke eis.
2. Diere/Lewende hawe by tentoonstellings en veilings
Die skadeloosstelling kragtens hierdie Afdeling, is uitgebrei om die Versekerde se regsaanspreeklikheid in te sluit, voortspruitend uit die ten toon stel van lewende hawe, of terwyl sodanige lewende hawe, in bewaring van die Versekerde is ten tye van 'n veiling.
3. Diere wat nie aan die Versekerde behoort nie
Die skadeloosstelling kragtens hierdie Afdeling is uitgebrei om die Versekerde se regsaanspreeklikheid in te sluit, voortspruitend uit diere (wat nie aan die Versekerde behoort nie) wat op die Versekerde se grond met sy toestemming wei;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
verlies van, of skade aan, sodanige diere nie onder hierdie Uitbreiding verseker is nie.
4. Fietse of voertuie deur diere getrek
Die skadeloosstelling kragtens hierdie Afdeling is uitgebrei om die Versekerde se regsaanspreeklikheid in te sluit, voortspruitend uit enige fiets, of voertuig wat deur diere getrek word en wat aan die Versekerde behoort, of terwyl dit onder bewaring, of beheer van die Versekerde is. Hierby ingesluit is die dood van, of liggaamlike besering aan, enige persoon wat nie werknemers van die Versekerde is nie, terwyl hulle op die fiets of in die voertuig deur diere getrek is, dit bestyg, daarop of daarvan afklim.
Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
  Bladsy | 122 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022










































































   122   123   124   125   126