Page 126 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 126

 3. die Maatskappy behou die reg voor om:
3.1 ʼn afsonderlike tarief en premie en, indien toepaslik, bepalings vas te stel, waar die Onderafdeling van die Polis op ʼn nie-aanpasbare grondslag geskryf is, en die totale jaarlikse omset van die nuwe verkrygings ʼn verhoging in omset van meer as 15% (vyftien persent) verteenwoordig van die beraamde omset by die aanvang van die versekeringstydperk; of
3.2 dekking te aanvaar of af te wys ten tye van kennisgewing, en om ʼn afsonderlike tarief en premie en, indien toepaslik, bepalings vas te stel vir enige sodanige dekking waar die nuwe verkryging ʼn wesenlike verandering aan die besigheid of risiko verteenwoordig.
10. Pakhuishouersaanspreeklikheid (Wyn en verwante produkte alleenlik)
Nieteenstaande enigiets teenstrydig vervat in Spesifieke Uitsondering 1, 2 van toepassing op Gemeenregtelike Aanspreeklikheid, en/of 3 van toepassing op Onderafdeling 1 en 2, sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel ingevolge die Omskrewe Gebeurtenisse vir Aanspreeklikheid wat voortspruitend uit hulle aktiwiteite (moet spesifiek in Skedule vermeld word) as Wynkelder, Wynlandgoed, Wynprodusente en/of Botteleerders, insluitende diensverskaffers en stooroperateurs van wyn en verwante produkte na ʼn voorval van nalatigheid.
Dit word verder verklaar en ooreengekom dat hierdie Uitbreiding onderhewig sal wees aan die volgende voorwaardes:
10.1 dit word gewaarborg dat elke kliënt of organisasie van die Versekerde ʼn kontrak met die Versekerde sal onderteken, wat spesifieke voorwaardes aangaande die hantering van sodanige wyn en verwante produkte sal bevat, ten opsigte van elke onderneming of ʼn reeks onderneminge deur die Versekerde rakende verpakking deur, agterhou, berging, en/of prosessering van derdeparty-eiendom, terwyl in die sorg en onder beheer en kontrole van die Versekerde;
10.2 dekking sal nie verlies of skade aan derdeparty-eiendom deur enige gevaar verseker of versekerbaar in terme van enige ander Afdeling(s) van hierdie Polis, of versekerbaar in terme van ʼn afsonderlike Masjinerie Breekskade-polis, of ʼn afsonderlike Verslegting van Voorraad volgende ʼn Masjinerie Breekskade-polis, of ʼn Sake-Onderbreking volgende ʼn Masjinerie Breekskade-polis insluit nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. eiendom alleenlik deur die Versekerde aanvaar sal word vir berging of enige ander doel soos hierbo omskryf, indien die kliënt of organisasie wat die agterhou, of berging en/of prosessering en/of instandhouding van goedere versoek, instem tot die bepalings en voorwaardes soos vervat in sodanige kontrak met die Versekerde deur die bepalings en voorwaardes behoorlik te onderteken en te dateer;
2. ʼn voorbeeld van sodanige gekontrakteerde bepalings en voorwaardes op versoek aan die Maatskappy beskikbaar gestel moet word;
3. indien die eiendom deur kliënte of organisasies voor die aanvang van dekking ten opsigte van hierdie Uitbreiding vir doeleindes van berging en/of prosessering gelewer word, sal die onus op die Versekerde rus om te bewys dat enige verlies van, of skade aan sodanige eiendom plaasgevind het na die aanvangsdatum van dekking;
4. die Versekerde ten alle tye in opvallende posisies op sy/haar/hulle persele ʼn vrywaring ten opsigte van aanspreeklikheid vir verlies van of skade aan eiendom sal vertoon;
5. die Versekerde verantwoordelik is, vir die Eerste Bedrag Betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R5 000 (vyf duisend rand) vir ieder en elke eis, of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, welke ook al die grootste is.
Bykomende Spesifieke Uitsonderings van toepassing op Pakhuishouersaanspreeklikheid (wyn en verwante produkte alleenlik)
Die Maatskappy sal nie vir die volgende aanspreeklik wees nie:
1. 2. 3.
verlies van enige eiendom as gevolg van die oneerlike optrede deur enige werknemer van die Versekerde; meganiese of elektriese onklaarraking, tensy dit gepaard gaan met ander fisiese skade;
verlies of skade as gevolg van klamheid, muf, roes, verweer en slytasie, geleidelike agteruitgang, motte, ongedierte, termiete, insekte of onafskeidelike euwels;
Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
  Bladsy | 124
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022













































































   124   125   126   127   128