Page 127 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 127

 Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
 4. vertraging, verlies van markte, gevolglike verlies of skade van enige aard, waardevermindering, verslegting of verandering wat veroorsaak word deur enige natuurlike oorsaak.
Die bedrag betaalbaar kragtens hierdie Uitbreiding, insluitende enige regskostes verhaalbaar vanaf die Versekerde, deur ʼn eiser of enige aantal eisers, en alle ander koste en uitgawes wat met die Maatskappy se toestemming aangegaan is, vir enige enkele gebeurtenis, of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron, of gedurende enige een (jaarlikse) versekeringstydperk, sal nie in geheel die bedrag van R250 000 (twee honderd en vyftig duisend rand) of die gegewe perk soos vermeld in die Skedule ten opsigte van aanspreeklikheid, watter ook al die meeste is, oorskry nie.
11. Sekuriteitsfirmas
Nieteenstaande Spesifieke Uitsondering 3 van hierdie Onderafdeling, indien die Versekerde ingevolge ʼn kontrak met ʼn sekuriteitsfirma die versekerde eiendom of persone in die loop van die Versekerde se besigheid laat beskerm, word die Versekerde regtens aanspreeklik gehou vir die handelinge of versuim van die werknemers van die sekuriteitsfirma in die loop van hulle diens, hierdie Afdeling sluit sodanige regsaanspreeklikheid in, tot die mate waartoe hierdie skadeloosstelling ingevolge Onderafdeling 1 verleen sou wees, indien die vermelde werknemers ingevolge ʼn dienskontrak by die Versekerde en nie die sekuriteitsfirma nie, in diens was, maar tot hoogstens die gegewe Skadeloosstellingsperk vermeld in die Skedule.
Indien, ten tye van die plaasvind van ʼn gebeurtenis wat tot ʼn eis kragtens hierdie Onderafdeling aanleiding gee, die sekuriteitsfirma geregtig is op skadeloosstelling ten opsigte van dieselfde gebeurtenis ingevolge enige ander Polis, is die Maatskappy nie aanspreeklik om enige betaling te maak nie, behalwe ten opsigte van enige bedrag bó die bedrag wat ingevolge sodanige ander Polis betaalbaar is.
12. Skade aan verhuurde of gehuurde persele
Nieteenstaande Uitsondering 1 van hierdie Onderafdeling, sal die skadeloosstelling wat onder hierdie Onderafdeling verleen word, uitgebrei word om aanspreeklikheid in te sluit vir toevallige verlies van, of skade aan eiendom (insluitende los en vaste toebehore) gehuur deur, of verhuur aan, die Versekerde kragtens ʼn geskrewe kontrak of ooreenkoms, maar hierdie Uitbreiding sal nie van toepassing wees in die volgende gevalle van aanspreeklikheid nie:
12.1 aanvaar deur die Versekerde onder sodanige kontrak of ooreenkoms wat nie in die afwesigheid van sodanige kontrak of ooreenkoms gekoppel sou word nie, tensy skriftelik daartoe ingestem is deur die Maatskappy;
12.2 vir brand of enige ander gevaar wat sodanige kontrak of ooreenkoms sal vereis dat versekering aangegaan word;
12.3 voortspruitend uit die verbreking van enige bepaling, voorwaarde of waarborg kragtens enige ander toepaslike versekeringspolis.
13. Statutêre regsverdedigingskoste
Die Maatskappy sal betaal vir regskoste aangegaan deur die Versekerde, of op die Versekerde se versoek deur enige direkteur, vennoot (waar die Versekerde in ʼn vennootskap is) of werknemer van die Versekerde, vir die verdediging of vervolging (insluitend ʼn appèl teen ʼn skuldigbevinding), vir ʼn oortreding van die wet of gewysigde wetgewing met soortgelyke voorneme verordinering in Suid-Afrika, wat gepleeg, of na bewering gepleeg is, in die loop van die besigheid tydens die versekeringstydperk.
MET DIEN
1. die
2. die
3. die
4. die
4.1 4.2 4.3
VERSTANDE DAT:
vervolging voortspruit uit ʼn gebeurtenis wat die onderwerp van hierdie Onderafdeling is; Maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir enige boete of bestraffing nie;
Versekerde nie op skadeloosstelling kragtens enige ander Polis geregtig is nie;
geding nie na aanleiding van enige opsetlike handeling of versuim van die volgende persone is nie:
die Versekerde;
enige direkteur of vennoot van die Versekerde;
enige werknemer met enige spesifieke verantwoordelikheid vir nakoming van enige wetgewing en van wie redelikerwys verwag kan word om die genoemde wetgewing te oortree.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 125








































































   125   126   127   128   129