Page 129 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 129

 Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
 verpakking, etikettering, skoonmaak, of verskaffing van gebruiksaanwysings voor die verkoop, aan die Versekerde se oorspronklike klante, en ook nie enige verbetering, aanpassing of wysiging aan die produk nie;
3.2 wat voortspruit uit ondoeltreffendheid of die versuim om aan die spesifikasie te voldoen, tensy sodanige ondoeltreffendheid of versuim te wyte is aan nalatigheid in die navolging van sodanige spesifikasie;
4. wat voortspruit uit goedere of produkte wat bedoel is om in ʼn lugvaartuig geïnstalleer te word en daarin geïnstalleer is, of wat bedoel is om deel daarvan uit te maak en deel daarvan uitmaak;
5. ten opsigte van besering of skade wat plaasvind in die VSA of Kanada en wat veroorsaak word deur, of deur middel van, of in verband met, enige goedere of produkte wat deur, of aan die Versekerde verkoop of verskaf is, indien sodanige goedere of produkte na die Versekerde se wete deur of namens die Versekerde na die VSA of Kanada uitgevoer is.
KLOUSULES EN UITBREIDINGS (van toepassing op Onderafdeling 2 – slegs Produkaanspreeklikheid)
Onderhewig aan die Bepalings, Uitsonderings, Voorwaardes en Endossemente van toepassing op hierdie Onderafdeling van die Polis, sal die Versekerde, skadeloos gestel word soos per ondergenoemde. Die totaal van alle betalings gemaak onder hierdie Uitbreidings, sal deel vorm van, en nie bykomend wees tot, die Aanspreeklikheidsperke nie. Die Uitbreidings is ook onderworpe aan die eerste bedrag betaalbaar soos vermeld in die Skedule.
Outomatiese verkrygings
Die skadeloosstelling verleen ingevolge hierdie Onderafdeling van die Polis sal outomaties van toepassing wees op alle werksaamhede, insluitend die verkryging, vestiging of tot stand bring van die perseel gedurende die Versekeringstydperk;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Versekerde die Maatskappy skriftelik in kennis stel met volle onderskrywingsinligting:
1.1 binne 90 (negentig) dae vir nuwe verkrygings waar die jaarlikse omset nie meer as 15% (vyftien persent) van die Versekerde se laaste gepubliseerde jaarlikse omsetsyfers is nie, en daar geen wesenlike verandering aan die besigheid of risiko is nie;
1.2 so gou as prakties moontlik vir nuwe verkrygings, buiten die soos beskryf in 1.1 hierbo;
1.3 aan die begin van enige nuwe Versekeringtydperk, indien dit vroeër sou wees as in 1.1 of 1.2 hierbo;
2. omset vir enige nuwe verkrygings sal verklaar word dienooreenkomstig met Spesifieke Polisvoorwaarde 7, waar hierdie Onderafdeling van die Polis geskryf word op ʼn aanpasbare grondslag;
3. die Maatskappy behou die reg voor om:
3.1 ʼn afsonderlike tarief en premie en, indien toepaslik, bepalings vas te stel, waar die Onderafdeling van die Polis op ʼn nie-aanpasbare grondslag geskryf is, en die totale jaarlikse omset van die nuwe verkrygings ʼn verhoging in omset van meer as 15% (vyftien persent) verteenwoordig van die beraamde omset by die aanvang van die versekeringstydperk; of
3.2 dekking te aanvaar of af te wys ten tye van kennisgewing, en om ʼn afsonderlike tarief en premie en, indien toepaslik, bepalings vas te stel vir enige sodanige dekking waar die nuwe verkryging ʼn wesenlike verandering aan die besigheid of risiko verteenwoordig;
Gebrekkige Vakmanskap
Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel in ooreenstemming met die Omskrewe Gebeurtenis vir:
1. gevolglike verlies van, of skade aan, derdeparty-eiendom wat volg op gebrekkige vakmanskap aan sodanige eiendom waaraan gewerk is, met betrekking tot die besigheid;
2. Die skadeloosstellingsperk kragtens hierdie Onderafdeling sal nie R5 000 000 (vyf miljoen rand) vir enige enkele gebeurtenis of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, insluitende enige regskoste verhaalbaar van die Versekerde, deur ʼn eiser of enige aantal eisers, en alle ander koste en uitgawes wat met die Maatskappy se toestemming aangegaan is, vir enige gebeurtenis, of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak, of bron of gedurende enige een (jaarlikse) Versekeringstydperk, die aanspreeklikheidsperk in geheel vir hierdie Onderafdeling genoem in hierdie Skedule, oorskry nie.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 127












































































   127   128   129   130   131