Page 128 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 128
5. die Maatskappy sal hoogstens R150 000 (een honderd en vyftig duisend rand) per gebeurtenis of R250 000 (twee honderd en vyftig duisend rand) in geheel, of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule gedurende enige een versekeringstydperk betaal. Die Versekerde is verantwoordelik vir die eerste bedrag betaalbaar van R2 500 (twee duisend vyf honderd rand) vir ieder en elke eis.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
14. Verskuiwing van motorvoertuie
Nieteenstaande die Uitsonderings van toepassing op Onderafdeling 1 en enigiets anders strydig in hierdie Onderafdeling van die Polis en risiko’s verseker onder die Padongelukfonds Wet 56 van 1996 (en/of soos gewysig), is hierdie Onderafdeling uitgebrei om aanspreeklikheid in te sluit wat voortspruit uit, of verband hou met die skuiwing van enige motorvoertuig, sleepwa of woonwa (wat nie aan die Versekerde behoort nie) deur enige persoon wat in diens van, of namens die Versekerde optree;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
sodanige skuiwing van motorvoertuie, sleepwaens of woonwaens onderneem word om die voortsetting van sakebedrywighede te bevorder.
ONDERAFDELING 2 – PRODUKAANSPREEKLIKHEID EN GEBREKKIGE VAKMANSKAP-AANSPREEKLIKHEID
Produkaanspreeklikheid
Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel ten opsigte van Omskrewe Gebeurtenisse wat plaasvind op enige plek in die Gebiedsperke hieronder vermeld, elders as ʼn perseel wat deur die Versekerde geokkupeer word, en veroorsaak word deur goedere of produkte (insluitende houers en etikette) wat deur die Versekerde verkoop of verskaf word, in verband met die besigheid (insluitende foutiewe aflewering en aflewering van verkeerde goedere).
Die skadeloosstellingsperk kragtens hierdie Onderafdeling sal nie R5 000 000 (vyf miljoen rand) vir enige enkele gebeurtenis of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, insluitende enige regskoste verhaalbaar van die Versekerde, deur ʼn eiser of enige aantal eisers, en alle ander koste en uitgawes wat met die Maatskappy se toestemming aangegaan is, vir enige gebeurtenis, of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak, of bron of gedurende enige een (jaarlikse) Versekeringstydperk, die aanspreeklikheidsperk in geheel vir hierdie Onderafdeling genoem in hierdie Skedule, oorskry nie.
Gebiedsperke (slegs van toepassing op Produkaanspreeklikheid)
Vir die doel van hierdie Onderafdeling:
1. die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zimbabwe, Zambië, Mosambiek en Malawi, of in verband met Aflandige werk binne die Kontinentale Bank rondom hierdie lande;
2. elders in die wêreld, uitsluitende die VSA en/of Kanada en/of hulle besittings of protektorate, maar slegs in verband met die besigheid, bedryf deur die Versekerde by, of vanaf, enige perseel geleë in enige van die lande gespesifiseer in 1 hierbo.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op Onderafdeling 2 – slegs Produkaanspreeklikheid)
Nieteenstaande enigiets tot die teendeel vervat in hierdie Polis, sal die Maatskappy nie die Versekerde skadeloosstel teen aanspreeklikheid onder hierdie Onderafdeling nie:
1. vir die koste van herstel, verandering, herroeping of vervanging van goedere of produkte (insluitende houers en etikette) wat besering of skade veroorsaak;
2. vir die koste van die sloping, uitbreking, aftakeling, aflewering, herbouing, verskaffing en installering van die goedere of produkte (insluitende houers en etikette) en enige ander eiendom wat vir sodanige herstel, verandering, of vervanging noodsaaklik is, tensy dit fisies deur die goedere of produkte beskadig is;
3. 3.1
wat voortspruit uit foutiewe of gebrekkige ontwerp, formule, plan of spesifikasie, maar indien die Versekerde ʼn kleinhandelaar is, is hierdie Spesifieke Uitsondering nie van toepassing nie, indien die Versekerde se besigheidsbedrywighede in hulle geheel beperk is tot verkope, verspreiding en/of bemarking (insluitende enige bemarkingsadviesdiens wat die produkte vergesel) van die produk, en die Versekerde se besigheidsbedrywighede nie die finale voorbereiding insluit nie, wat beteken die herverpakking,
Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
Bladsy | 126
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022