Page 130 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 130
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op Onderafdeling 2 – slegs Gebrekkige Vakmanskap)
Nieteenstaande enigiets tot die teendeel vervat in hierdie Polis, sal die Maatskappy nie die Versekerde skadeloosstel teen aanspreeklikheid onder hierdie Onderafdeling nie:
1. vir die koste van herstelwerk, of herroeping vir die regstel van gebrekkige werk;
2. wat voortspruit uit ondoeltreffendheid van sodanige werk of deurdat die werk nie die resultaat gelewer het wat verwag of waarop aanspraak gemaak is nie;
3. wat ontstaan voor die oorhandiging van sodanige werk;
4. wat ontstaan uit foutiewe ontwerp;
5. wat ontstaan van enige werk op enige lugvaartuig of deel daarvan.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op Onderafdelings 1 en 2)
Bykomend tot die Algemene Uitsonderings van hierdie Polis, en nieteenstaande enigiets tot die teendeel vervat in hierdie Polis, sal die Maatskappy nie aanspreeklik wees om die Versekerde skadeloos te stel ingevolge Onderafdeling 1 en 2 van hierdie Afdeling nie:
1. Advertering
voortspruitend uit enige vorm van naamskending of van kwaadwillige leuens:
1.1 gemaak deur, of gerig aan, die Versekerde, wetende dat dit onwaar is; of
1.2 wat verband hou met advertering, publikasie, uitsaai- of beeldsendingsaktiwiteite, uitgevoer deur of namens die Versekerde.
2. Besoedeling
direk of indirek voortspruitend uit enige besoedelingsgevaar:
2.1 in die VSA en/of Kanada en/of hulle onderskeie besittings of protektorate;
2.2 elders in die wêreld, buiten in daardie lande of gebiede waarna verwys word in 2.1 hierbo, behalwe waar die besoedelingsgevaar spruit uit ʼn skielike, toevallige, onverwagse en onopsetlike herkenbare gebeurtenis, wat in sy geheel plaasvind op ʼn spesifieke uitkenbare tydstip en plek gedurende die Versekeringstydperk;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die skadeloosstelling nie uitgebrei sal word om gebeurtenisse direk of indirek voortspruitend uit enige besoedelingsgevaar wat bakterieë, skimmel of ander swam (insluitend, maar nie beperk nie tot, muf of mikotoksien of spore of enige ander stof of produk wat deur skimmel of swamme geproduseer of vrygelaat is) in te sluit nie;
MET VEREDERE DIEN VERSTANDE DAT:
die totale skadeloosstelling betaalbaar die skadeloosstellingsperk vir Onderafdeling 1 sal wees.
3. Boetes, straftoekennings en bestraffende skadevergoeding
boetes, straftoekennings, straf-, bestraffende of afskrik skadevergoeding.
4. Doelbewuste handelinge
wat voortspruit uit persoonlike besering, of verlies van, of skade aan eiendom, wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak is deur, die doelbewuste handelinge of versuim van die Versekerde, of deur enige van die Versekerde se werknemers.
5. Giftige stowwe
wat regstreeks of onregstreeks voortspruit uit die vervaardiging, verskaffing, installering, opberging, eienaarskap, besit, hantering, gebruik, herstel, verwydering, afstroping, aftakeling, of wegdoening van lood, formaldehied of polychloorbifenylen, of ander materiale waarvan die Versekerde bewus is, of wat hy redelikerwys vermoed, lood of formaldehied of polychloorbifenylen bevat.
Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
Bladsy | 128 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022