Page 131 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 131

 Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
 6. Kontraktuele aanspreeklikheid
wat deur die Versekerde onder ʼn kontrak of ooreenkoms aanvaar word, tensy sodanige aanspreeklikheid aan die Versekerde gebind sou kon word in die afwesigheid van die genoemde kontrak of ooreenkoms.
Hierdie Uitsondering sal enige aanspreeklikheid insluit wat:
6.1 voortspruit uit enige bestraffingsklousule of ten opsigte van boetes of gelikwideerde skade; of
6.2 voortspruit uit die enkele nalatigheid van derde partye; of
6.3 gebind sou kon word uit hoofde van die afstanddoening van enige subrogasieregte teen derde partye; of
6.4 voortspruit uit persoonlike besering aan enige werknemer van derde partye, tensy, weereens, sodanige aanspreeklikheid aan die Versekerde gebind sou kon word in die afwesigheid van die genoemde kontrak of ooreenkoms.
7. Professionele dienste
voortspruitend uit enige handeling, fout of versuim, tydens die verskaffing van advies, behandeling, ontwerpersdiens, instruksies of spesifikasies teen vergoeding, alhoewel hierdie Uitsondering nie op die voorsiening van noodhulpdienste van toepassing sal wees nie.
8. Regsgebied
voortspruitend uit persoonlike besering, of enige verlies van, of skade aan eiendom, ten opsigte van uitsprake wat in die eerste instansie gelewer is deur, of verkry is in, ʼn ander hof as ʼn hof met regsbevoegdheid binne die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho en Eswatini (voormalige Swaziland).
9. Stelsel-fout
wat verband hou met, of veroorsaak word deur, ʼn stelsel-fout, indien ʼn stelsel-fout geïdentifiseer word as deel van ʼn reeks gebeurtenisse waaruit aanspreeklikheid voortspruit, hetsy dit die onmiddellike oorsaak van die aanspreeklikheid is al dan nie.
10. Suiwer finansiële verlies
vir suiwer finansiële verlies, tensy sodanige suiwer finansiële verlies ʼn regstreekse gevolg is van persoonlike besering of verlies van, of skade aan eiendom, waarvoor skadeloosstelling kragtens hierdie Afdeling van die Polis verleen word.
11. Terugwerkende datum
wat voortspruit uit, of verband hou met, enige Gebeurtenis wat voor die Terugwerkende datum plaasvind.
12. Vibrasie/ondersteuning
wat voortspruit uit persoonlike besering of verlies van, of skade aan eiendom, as gevolg van, hetsy regstreeks of onregstreeks, die doelbewuste verwydering van die ondersteuning of stutte van enige eiendom.
13. Werknemer
vir verlies van, of liggaamlike besering opgedoen deur ʼn werknemer, of iemand wat optree onder ʼn dienskontrak, wat spruit uit, en/of in die loop van sy diens, of betrokkenheid by die Versekerde, of enige aanspreeklikheid wat aan die Versekerde gebind sou kon word, by hoofde van werknemersvergoeding, werkloosheidsversekering of ongeskiktheidsvoordele wetgewing of enige ander wet of verordening.
SPESIFIEKE VOORWAARDES (van toepassing op Onderafdeling 1 en 2)
Tot die mate waarin daar enige teenstrydigheid tussen die Algemene Voorwaardes van hierdie Polis en die Spesifieke Voorwaardes hieronder bestaan, sal die Spesifieke Voorwaardes ten opsigte van hierdie Afdeling van die Polis voorkeur geniet.
1. Aanpassings
Waar die premie op grond van die verklarings en skattings wat deur die Versekerde verskaf is, bereken word, is dit ʼn vereiste dat die Versekerde:
1.1 akkuraat rekord hou van alle toepaslike besonderhede en op enige redelike tyd die Maatskappy sal toelaat om sodanige rekords te inspekteer.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 129







































































   129   130   131   132   133