Page 133 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 133
Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
MET DIEN VERSTANDE DAT:
in die geval van enige eis(e) of reeks eise wat aanspreeklikheid vir die Versekerde tot gevolg het om meer as die skadeloosstellingsperk te betaal, sal die Maatskappy se aanspreeklikheid, by hoofde van ʼn uitspraak of skikking vir sodanige koste en uitgawes, nie ʼn bedrag oorskry wat in dieselfde proporsie as die skadeloosstellingsperk aangewend word tot die algehele betaling gemaak vir of namens die Versekerde in die skikking van die eis(e).
7. Samewerking ten opsigte van eise
Dit is ʼn voorwaarde vir aanspreeklikheid, dat die Maatskappy in kennis gestel word van enige gebeurtenis, of van enige eis, en dat die Versekerde:
7.1 sodanige besonderhede en inligting wat die Maatskappy mag vereis, onmiddellik op versoek van die Maatskappy sal voorsien;
7.2 onmiddellik by ontvangs, enige kommunikasie, hofbevel of dokumentasie, of enige ander dokumente ontvang, wat verband hou met sodanige omstandighede of eis, aan die Maatskappy moet stuur;
7.3 die Maatskappy so spoedig moontlik van alle inligting en hulp voorsien soos wat hulle mag vereis en, waar die Maatskappy ondersoeke moet afhandel, dit moet geskied binne die tydsraamwerk soos deur die Maatskappy se regsverteenwoordigers gespesifiseer;
7.4 geen erkenning van aanspreeklikheid, betaling, aanbod of belofte van betaling moet maak nie, of ooreenkom om te skik, of skadeloos te stel, of enige reg van subrogasie of verhaling te laat vaar, sonder die uitdruklike skriftelike toestemming van die Maatskappy nie.
8. Spesiale verlengde aanmeldingsperiode-opsie (moet skriftelik uitgevoer word deur die Versekerde in die geval van nie-hernuwing)
Na die keuse van die Versekerde, wat uitgeoefen moet word binne 30 (dertig) dae van die nie-hernuwing van hierdie Afdeling van die Polis, en onderhewig aan die betaling van ʼn bykomende premie wat bepaal sal word deur die Maatskappy binne 30 (dertig) dae, in terme van die tydperk waarin enige eis of gebeurtenis wat aanleiding kan gee tot ʼn eis ingevolge hierdie Afdeling van die Polis, en ingevolge Algemene Voorwaarde 8 gerapporteer moet word, stem die Maatskappy in om die tydperk waarin ʼn gebeurtenis aangemeld mag word na 36 (ses en dertig) maande te verleng (hierna die Spesiale verlengde aanmeldingstydperk genoem) onmiddellik na die verstryking (nie-hernuwing) van die Afdeling, en sal ʼn eis hanteer word asof dit aangemeld is op die laaste dag voor die verstryking (nie-hernuwing).
9. Standaard verlengde aanmeldingsperiode
Indien hierdie Afdeling van die Polis nie hernu word nie, of gekanselleer word, sal die Versekerde 30 (dertig) dae na die verstrykingsdatum van die versekeringstydperk hê om die Maatskappy te verwittig van enige formele eis en/of dagvaarding en/of ander aanmaning vir vergoeding, of hofbevel ontvang, voor die verstrykingsdatum van hierdie Afdeling van die Polis, vir enige gebeurtenis wat na die Terugwerkende datum, en binne die versekeringstydperk plaasgevind het.
10. Verrekening van premie
Die Maatskappy sal daarop geregtig wees om, na goeddunke, enige bedrae wat deur die Versekerde aan die Maatskappy verskuldig is ten opsigte van premies betaalbaar kragtens hierdie Polis, in berekening te bring ten opsigte van bedrae wat betaal moet word ingevolge eise wat deur die Maatskappy erken is, in terme van Onderafdelings 1 en 2 van hierdie Polis.
11. Vrywaring/Skadeloosstelling
Skadeloosstelling in terme van hierdie Afdeling met betrekking tot enige vorm van kommersiële jag en/of wildbesigtiging sal onderhewig wees aan die volgende voorwaardes:
1. alle korrespondensie, kennisgewings en vrywarings sal in ten minste twee amptelike landstale van die Republiek van Suid-Afrika uitgevoer en vertoon word, en ʼn tolk sal ten alle tye op versoek van enige kliënt, jagter, gas of ander deelnemende party beskikbaar wees;
2. die skadeloosstelling- (vrywaring-) bewoording moet goedgekeur word deur, en in besit van die Maatskappy wees;
3. die regsgeldende ooreenkoms (vrywaring) tussen die Versekerde en sy/haar/hulle kliënt(e) sal, voor die aanvang van enige kommersiële jag- en/of wildbesigtigingsaktiwiteite, behoorlik deur beide partye onderteken en op rekord geplaas word;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 131