Page 132 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 132
1.2 die Maatskappy binne een maand van die verstryking van elke versekeringstydperk van sodanige inligting voorsien, as wat die Maatskappy mag vereis vir sodanige verstreke tydperk, en die premie vir sodanige tydperk sal daarvolgens deur die Maatskappy aangepas word, en die verskil sal deur, of na die Versekerde betaal word, wat ook al die geval mag wees, onderhewig aan enige ooreengekome minimum premie.
2. Beheer van eise
Die Maatskappy sal daarop geregtig wees om, na goeddunke, die verdediging of skikking ten opsigte van enige eis in die Versekerde se naam oor te neem, en op die Maatskappy se onkoste te vervolg, en vir eie gewin, enige eise vir skadeloosstelling of skade teen ander persone teen te staan
3. Bybetaling
Die eerste bedrag betaalbaar sal aan die volgende voorwaardes onderworpe wees:
3.1 waar die Maatskappy uitgawes aangegaan het in die verdediging en/of skikking van enige eis, sal die eerste bedrag betaalbaar in geheel of gedeeltelik betaalbaar wees:
3.1.1 in enige stadium wanneer daar ten opsigte van ʼn eis reeds bedrae ten opsigte van skade, eisers se uitgawes, verdedigingskoste en verliesverstelling kostes betaal is; of
3.1.2 by die skikking of sluiting van enige eis; of
3.1.3 wanneer die Maatskappy, na goeddunke, so vereis;
3.2 die Maatskappy mag, na goeddunke, of waar dit statutêr genoodsaak word om dit te doen, bedrae betaal wat binne die eerste bedrag betaalbaar val, om ʼn skikking van enige eis of potensiële eis te bewerkstellig en, by kennisgewing dat sodanige betaling gemaak is, sal die Versekerde die Maatskappy onmiddellik vergoed vir die betaling;
3.3 die voorwaardes van hierdie Polis, insluitende sonder beperking, diegene wat die Maatskappy se regte beheer, ten opsigte van die hantering en verdediging van eise, en die Versekerde se pligte in die geval van ʼn eis, sal nie op enige wyse deur die bestaan of toepassing van die eerste bedrag betaalbaar, beïnvloed of gewysig word in die geval van ʼn eis nie.
4. Kommersiële Jag- en/of Wildbesigtigingsaktiwiteite
Dit is ʼn voorwaarde dat skadeloosstelling in terme van hierdie Afdeling met betrekking tot enige vorm van kommersiële jag en/of wildbesigtiging onderhewig sal wees aan die volgende:
1. geen alkoholgebruik toegelaat word tydens enige jagaktiwiteite nie;
2. kliënte wat deelneem aan enige wildbesigtigingsaktiwiteite ten alle tye vergesel moet wees van óf die Versekerde, ʼn gids of werknemer van die Versekerde of enige afgevaardigde persoon van die Versekerde;
3. skietstroke met betrekking tot onderskeie jagtersgroepe, of jagters, of kliënte, moet duidelik afgebaken en verduidelik word aan alle deelnemers, en op ʼn area kaart wat duidelik die skietstroke aandui vasgelê word voor die aanvang van enige jagaktiwiteite;
4. indien die inskiet en instel van enige vuurwapen(s) deur ʼn kliënt versoek sou word, moet sodanige aktiwiteite plaasvind onder beheer van, óf die Versekerde, ʼn gids, of werknemer van die Versekerde, of enige afgevaardigde persoon van die Versekerde;
5. daar ten alle tye aan alle vereistes voldoen word soos vervat in enige Wet, Ordonnansie of Regulasie wat verband hou met jag- en/of wildbesigtigingsaktiwiteite.
5. Nakoming van bepalings
Die Versekerde sal alle Bepalings, Voorwaardes en Endossemente van hierdie Polis nakom en vervul soverre dit verband hou met enigiets wat die Versekerde moet doen of aan moet voldoen. Die egtheid van die verklarings, antwoorde en inligting wat in verband met hierdie Polis verskaf word, is ʼn voorwaarde vir enige aanspreeklikheid van die Maatskappy in die skadeloosstelling van die Versekerde.
6. Ontheffing van aanspreeklikheid
Die Maatskappy mag te eniger tyd, na goeddunke, die Versekerde betaal tot die skadeloosstellingsperk onder hierdie Polis, of enige verminderde bedrag of bedrae waarvoor enige eis(e) geskik kan word, en sal die Maatskappy, na aftrekking van enige bedrag of bedrae wat reeds betaal is ten opsigte van sodanige eis(e), nie verdere aanspreeklikheid aanvaar nie, behalwe vir die betaling van verdedigingskoste en uitgawes reeds ooreengekom en aangegaan;
Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
Bladsy | 130 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022