Page 134 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 134

 4. vuurwapens mag onder geen omstandighede op medejagters, kliënte of enige ander persoon (persone) gerig word nie;
5. sodanige regsgeldende ooreenkoms (vrywaring) moet duidelik vertoon en sigbaar aangebring wees by die toegangspunt(e) van die Versekerde persele en moet alle voorwaardes soos in Spesifieke Voorwaarde 13 hierbo uiteengesit, insluit.
12. Wetgewing
Hierdie Polis is onderhewig aan, en sal geïnterpreteer word, ingevolge die Wetgewing van die Republiek van Suid- Afrika.
13. Wysiging
Geen wysiging aan hierdie Polis sal van krag wees tensy ʼn skriftelike endossement uitgereik en onderteken is deur die Maatskappy van die Polis nie.
14. Wysiging van Risiko
Die Versekerde sal die Maatskappy onmiddellik skriftelik in kennis stel van enige wysiging wat die versekerde risiko wesenlik beïnvloed, en die Maatskappy sal onder geen verpligting staan om die Versekerde ten opsigte van enige eis(e) skadeloos te stel nie:
14.1 totdat die Maatskappy skriftelik ingestem het om die gewysigde risiko te aanvaar; en
14.2 die Versekerde ingestem het om enige bykomende premie wat deur die Maatskappy vereis word te betaal of reeds betaal het.
OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (van toepassing op Onderafdelings 1 en 2) (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule)
Onderhewig aan al die Bepalings, Uitsonderings, Voorwaardes en Endossemente van toepassing op hierdie Afdeling van die Polis, sal die Versekerde soos hieronder skadeloos gestel word. Die som van alle betalings gemaak onder hierdie Uitbreidings, sal deel vorm van, en nie bykomend wees tot die Aanspreeklikheidsperke nie. Die Uitbreiding is ook onderworpe aan die bybetaling soos vermeld in die Skedule.
Aanspreeklikheid as gevolg van die bars of oorloop van ʼn damwal
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie is die woorde “insluitende die bars van ʼn damwal” in terme van Spesifieke Uitsondering 6.2 van Onderafdeling 1 van hierdie Afdeling gekanselleer;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die bedrag betaalbaar kragtens hierdie Uitbreiding insluitende, enige regskostes verhaalbaar vanaf die Versekerde deur ʼn eiser of enige aantal eisers, en alle ander koste en uitgawes wat met die toestemming van die Maatskappy aangegaan is, vir enige een gebeurtenis of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron, of gedurende enige een (jaarlikse) versekeringstydperk, sal nie in die geheel die skadeloosstellingsperk vermeld in die Skedule vir hierdie Uitbreiding, oorskry nie;
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die Eerste Bedrag Betaalbaar van 10% (tien persent) van ieder en elke eis, met ʼn minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule.
Brandbluskoste of watergooikoste deur lugvaartuie
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie is hierdie Afdeling uitgebrei om dekking in te sluit vir alle koste noodwendig aangegaan vir watergooi-aktiwiteite of enige ander brandbestrydingsmetodes om verspreiding van brand vanaf die Versekerde na enige derdeparty-eiendom te voorkom.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. sodanige derdeparty-eiendom in gevaar was as gevolg van sodanige brand;
2. dekking in terme van die Uitbreiding alleenlik van toepassing sal wees indien beide Uitbreiding – Verspreiding van Brand of Uitbreiding – Plantasies, Woude en Suikerriet van die Afdeling van krag is;
3. die Maatskappy se aanspreeklikheid vir enige enkele gebeurtenis of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron, nie R100 000 (een honderd duisend rand) of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, watter ook al die meeste is, sal oorskry nie;
Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
  Bladsy | 132 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022










































































   132   133   134   135   136