Page 135 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 135
Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
4. die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R2 500 (twee duisend vyf honderd rand) ten opsigte van ieder en elke eis nie.
EG aanspreeklikheid
Andersins onderworpe aan die Bepalings, Voorwaardes en Beperkings word die volgende veranderinge aan hierdie Afdeling van die Polis aangebring, ten opsigte van “besering” of “skade” (soos verseker deur die Uitbreiding Produkaanspreeklikheid) wat ontstaan uit, goedere of produkte wat na enige lidland van die Europese Gemeenskap (EG) of enige lidland van die Europese Vryehandelsvereniging (EVHV) uitgevoer word.
1. Spesifieke Uitsonderings 11 (11.1 en 11.2) is nie van toepassing op koste en uitgawes vir 'n regsgeding verhaalbaar deur enige eiser ten opsigte van uitsprake wat in die eerste instansie gelewer word in die hof in die gebied van die EG of EVHV nie.
2. Ten opsigte van hierdie goedere of produkte (behalwe grondstowwe) moet die Versekerde:
2.1 ʼn stelsel instel en in stand hou ingevolge waarvan die goedere of produkte duidelik geïdentifiseer kan word deur ʼn besending- of reeksnommer, datumstempel of op ʼn ander soortgelyke wyse;
2.2 die datum waarop die werklike goedere of produkte die eerste keer in omloop gebring is, aanteken en handhaaf.
Hierdie opgawe moet in stand gehou word sodat dit die verlangde besonderhede kan lewer vir ʼn tydperk van minstens 10 (tien) jaar nadat die goedere of produkte aanvanklik in omloop gebring is.
3. Die inligting in 2 genoem, tesame met alle stawende dokumentasie, moet te eniger tyd op aanvraag aan die Maatskappy of sy benoemde beskikbaar gestel word.
Gastehuisaanspreeklikheid (akkommodasie en verblyf)
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie is die volgende wysigings van toepassing: 1. Eiendom van werknemers en besoekers:
Spesifieke Uitsondering 1 is gewysig om as volg te lees:
1. Spesifieke Uitbreiding 1 is nie van toepassing op eiendom wat behoort, of wat onder die sorg, bewaring of beheer is, van enige vennoot, enige direkteur, werknemer van die Versekerde, of enige besoeker of gas aan die Versekerde se persele nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy ten opsigte van eiendom van enige besoeker of gas beperk is tot R50 000 (vyftig duisend rand), met inbegrip van enige regskoste wat deur ʼn eiser of enige aantal eisers van die Versekerde verhaalbaar is, en alle ander koste en uitgawes, wat met die Maatskappy se toestemming aangegaan word, vir enige enkele gebeurtenis of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron;
MET VERDERE DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke eis.
2. Regsverdedigingskoste
Uitbreiding 13 met betrekking tot regsverdedigingskoste is gewysig om die volgende wette in te sluit:
Die Drankwet Nr. 27 van 1989 (soos gewysig);
Die Wet op Toerisme Nr. 72 van 1993 (soos gewysig); Die Wet op Gesondheid Nr. 63 van 1977 (soos gewysig).
Ondoeltreffendheid (Nie van toepassing op wyn en verwante produkte nie)
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie en nieteenstaande enigiets teenstrydig vervat in Bykomende Spesifieke Uitsonderings 3 van toepassing op Onderafdeling 1, stel die Maatskappy die Versekerde skadeloos, vir verlies of skade waarvoor die Versekerde regtens aanspreeklik word om te betaal, as gevolg van die ondoeltreffendheid van produkte gelewer deur die Versekerde.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 133