Page 137 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 137
Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
Bykomende Spesifieke Uitsonderings van toepassing op pakhuishouersaanspreeklikheid (nie van toepassing op wyn en verwante produkte nie)
Die Maatskappy sal nie vir die volgende aanspreeklik wees nie:
1. verlies van enige eiendom as gevolg van die oneerlike optrede deur enige werknemer van die Versekerde;
2. meganiese of elektriese onklaarraking, tensy dit gepaard gaan met ander fisiese skade;
3. verlies of skade as gevolg van klamheid, muf, roes, verweer en slytasie, geleidelike agteruitgang, motte, ongedierte, termiete, insekte of onafskeidelike euwels;
4. vertraging, verlies van markte, gevolglike verlies of skade van enige aard, waardevermindering, verslegting of verandering wat veroorsaak word deur enige natuurlike oorsaak.
Die bedrag betaalbaar kragtens hierdie Uitbreiding, insluitende enige regskostes verhaalbaar vanaf die Versekerde, deur ʼn eiser of enige aantal eisers, en alle ander koste en uitgawes wat met die Maatskappy se toestemming aangegaan is, vir enige enkele gebeurtenis, of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron, of gedurende enige een (jaarlikse) versekeringstydperk, sal nie in geheel die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, oorskry nie.
Produkaanspreeklikheid – Noord-Amerikaanse regsgebied uitbreidingsklousule
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie en onderworpe aan die Bepalings, Voorwaardes en Beperkings, is die volgende veranderinge aan hierdie Afdeling van die Polis gemaak ten opsigte van “besering” of “skade” (soos verseker kragtens die Uitbreiding Produkaanspreeklikheid) wat ontstaan, as gevolg van goedere of produkte wat uitgevoer word, na lande wat onder die wetgewing van die VSA en Kanada besigheid bedryf (of op enige bevel enige plek in die wêreld gemaak om sodanige uitspraak af te dwing, toe te ken of te skik, hetsy in geheel of gedeeltelik);
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. Spesifieke Uitbreidings 11.1 en 11.2 van Onderafdeling 1 steeds van krag sal wees;
2. Ten opsigte van hierdie goedere of produkte (behalwe grondstowwe) moet die Versekerde:
2.1 ʼn stelsel instel en in stand hou ingevolge waarvan die goedere of produkte duidelik geïdentifiseer kan word deur ʼn besending- of reeksnommer, datumstempel of op ʼn ander soortgelyke wyse;
2.2 die datum waarop die werklike goedere of produkte die eerste keer in omloop gebring is, aanteken en handhaaf.
Hierdie opgawe moet in stand gehou word sodat dit die verlangde besonderhede kan lewer vir ʼn tydperk van minstens 10 (tien) jaar nadat die goedere of produkte aanvanklik in omloop gebring is.
3. Die inligting in 2 genoem, tesame met alle stawende dokumentasie, moet te eniger tyd op aanvraag aan die Maatskappy of sy benoemde beskikbaar gestel word.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
skadeloosstelling kragtens hierdie Uitbreiding nie van toepassing sal wees nie op enige wesenlike of beweerde oortreding:
1. van enige verantwoordelikhede, verpligtinge of pligte opgelê deur die “Employee Retirement Income Security Act of 1974” of enige wysigings daaraan;
2. van enige van die bepalings van die “Security Act of 1933, the Securities Exchange Act of 1934” of soortgelyke federale of staatswette of enige gemene reg wat daarmee verband hou;
3. van die “Racketeer influenced and Corrupt Organisations Act 18 USC Section 1961 et seq” en enige wysigings daaraan of enige reëls of regulasies daaronder uitgevaardig;
MET DIEN VERSTANDE VERDER DAT:
1. die Versekerde verantwoordelik sal wees vir die Eerste Bedrag Betaalbaar van 15% (vyftien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R25 000 (vyf en twintig duisend rand) of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, wat ook al die meeste is, ten opsigte van ieder en elke gebeurtenis;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 135