Page 138 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 138

 2. die bedrag betaalbaar kragtens hierdie Uitbreiding, insluitende enige regskostes verhaalbaar vanaf die Versekerde, deur ʼn eiser of enige aantal eisers, en alle ander koste en uitgawes wat met die Maatskappy se toestemming aangegaan is, vir enige enkele gebeurtenis, of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron, of gedurende enige een (jaarlikse) versekeringstydperk, sal nie in geheel die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, oorskry nie;
3. Punt 2 van toepassing op Gebiedsperke (slegs van toepassing op Produkaanspreeklikheid) gekanselleer word.
Bykomende Spesifieke Uitsonderings (Van toepassing op Produkaanspreeklikheid – Noord-Amerikaanse regsgebied klousule)
1. Noord-Amerikaanse bedryfsklousule
Hierdie Uitbreiding sal nie die Versekerde skadeloosstel ten opsigte van aanspreeklikheid vir skade, vergoeding, rente, koste, uitgawes of betalings van watter aard ook al ten opsigte van enige aanmaning, eis, of ʼn vervolging ingestel, of hofbevel binne die regsgebied van die VSA en Kanada nie.
Andersins onderworpe aan die bepalings en voorwaardes van hierdie Uitbreiding, sal hierdie Uitsondering nie op die volgende van toepassing wees nie:
1. Produkaanspreeklikheid van die Versekerde en enige verkoopskantore of verspreiders, maar slegs ten opsigte van die Versekerde se produkte wat buite die VSA en Kanada vervaardig word, met dien verstande dat die aktiwiteite van enige sodanige verkoopskantore of verspreiders in die VSA en Kanada ten opsigte van sodanige produkte geheel en al beperk is tot:
1.1 bemarking, verkope en/of
1.2 demonstrasies, advisering en/of
1.3 berging, verspreiding en/of
1.4 herverpakking, verpakking, etikettering, skoonmaak voor verkope of die verskaffing van gebruiksaanwysings
2. Gemeenregtelike aanspreeklikheid en/of Produkaanspreeklikheid van die Versekerde alleenlik ten opsigte van werk wat uitgevoer word deur die Versekerde;
2.1 werknemers;
2.2 direkteure;
2.3 vennote;
wat normaalweg buite die VSA en Kanada woonagtig is, maar wat tydelik in die VSA en Kanada werk
3. Persoonlike aanspreeklikheid van enige persoon wat normaalweg buite die VSA en Kanada woonagtig is, en wat tydelik die VSA en Kanada besoek; nogtans sal hierdie Uitbreiding nie skadeloosstelling bied, ten opsigte van aanspreeklikheid wat as gevolg van, of voortspruit uit die eienaarskap, besit of gebruik van enige meganies aangedrewe voertuig of vaartuig deur, of namens ʼn Versekerde nie, of enige ander persoon wat op skadeloosstelling geregtig is.
4. Gemeenregtelike aanspreeklikheid en/of Produkaanspreeklikheid en/of Persoonlike aanspreeklikheid van die Versekerde ten opsigte van verliese wat buite die VSA en Kanada plaasvind;
ALTYD MET DIEN VERSTANDE DAT:
ten opsigte van 1 tot 4 hierbo, dat die Polis buite die VSA en Kanada uitgereik is en in alle opsigte anders is as in 1 tot 4 hierbo uiteengesit;
1. stel die Versekerde slegs skadeloos ten opsigte van besigheid wat geheel en al van persele buite die VSA en Kanada bedryf word
EN
2. stel geen Versekerde skadeloos wat in die VSA en Kanada ingelyf of woonagtig is nie.
Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
  Bladsy | 136 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022










































































   136   137   138   139   140