Page 136 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 136

 Vir die doel van hierdie Uitbreiding sal Ondoeltreffendheid beteken eise teen die Versekerde ingestel vir ekonomiese verlies(e) deur die eiser(s) opgedoen wat beweer dat sy/haar/hulle produk(te) soos omskryf in die Skedule:
1. nie aan die verwagte produksiekoste voldoen nie;
2. onbevoeg is om tot volle voordeel benut te word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die skadeloosstellingsperk kragtens hierdie Uitbreiding nie R500 000 (vyf honderd duisend rand) vir enige enkele gebeurtenis, of reeks gebeurtenisse, met een oorspronklike oorsaak, en R1 000 000 (een miljoen rand) vir enige enkele (jaarlikse) versekeringstydperk sal oorskry nie;
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die Eerste Bedrag Betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R2 500 (twee duisend vyf honderd rand) vir ieder en elke eis of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, watter ook al die meeste is.
Pakhuishouersaanspreeklikheid (Nie van toepassing op wyn en verwante produkte nie)
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie en nieteenstaande enigiets strydig vervat in Spesifieke Uitsondering 1, 2 en 3, sal die Maatskappy, in terme van Onderafdeling 1, die Versekerde skadeloosstel teen aanspreeklikheid waarvoor die Versekerde regtens aanspreeklik word om te betaal voortspruitend uit hul aktiwiteite (moet spesifiek in die Skedule vermeld word) as:
1. koelpakhuisoperateurs
2. vrugteverpakkers
3. vrugtegradeerders
4. pakhuishouer van landboukundige goedere en/of voorraad
nadat nalatigheid voorgekom het.
Dit word verder verklaar en ooreengekom dat hierdie Uitbreiding onderhewig sal wees aan die volgende voorwaardes:
1. dit word gewaarborg dat elke kliënt of organisasie van die Versekerde die Standaard Kontrakvoorwaardes van die Versekerde sal onderteken, ten opsigte van elke onderneming deur die Versekerde rakende verpakking deur, agterhou, berging, en/of prosessering van derdeparty-eiendom terwyl onder beheer en kontrole van die Versekerde;
2. dekking sal nie verlies of skade aan derdeparty-eiendom deur enige gevaar verseker of versekerbaar in terme van enige ander Afdeling(s) van hierdie Polis, of versekerbaar in terme van ʼn afsonderlike Masjinerie Breekskade- polis, of ʼn afsonderlike Verslegting van Voorraad volgende ʼn Masjinerie Breekskade-polis, of ʼn Sake-Onderbreking volgende ʼn Masjinerie Breekskade-polis insluit nie
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. eiendom alleenlik deur die Versekerde aanvaar sal word vir berging of enige ander doel soos hierbo omskryf, indien die kliënt of organisasie wat die agterhou, of berging en/of prosessering en/of instandhouding van goedere versoek, instem tot die bepalings en voorwaardes soos vervat in sodanige kontrak met die Versekerde deur die bepalings en voorwaardes behoorlik te onderteken en te dateer;
2. ʼn voorbeeld van sodanige gekontrakteerde bepalings en voorwaardes op versoek aan die Maatskappy beskikbaar gestel moet word;
3. indien die eiendom deur kliënte of organisasies voor die aanvang van dekking ten opsigte van hierdie Uitbreiding vir doeleindes van berging en/of prosessering gelewer word, sal die onus op die Versekerde rus om te bewys dat enige verlies van, of skade aan sodanige eiendom plaasgevind het na die aanvangsdatum van dekking;
4. die Versekerde ten alle tye in opvallende posisies op sy/haar/hulle persele ʼn vrywaring ten opsigte van aanspreeklikheid vir verlies van of skade aan eiendom sal vertoon;
5. die Versekerde verantwoordelik is, vir die Eerste Bedrag Betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R5 000 (vyf duisend rand) vir ieder en elke eis, of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, welke ook al die grootste is.
Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
  Bladsy | 134 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022











































































   134   135   136   137   138