Page 140 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 140
2. die Versekerde sal verantwoordelik wees vir die Eerste Bedrag Betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R15 000 (vyftien duisend rand) vir ieder en elke eis of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, watter ook al die meeste is.
Omskrywing:
Uitgawe sal beteken:
1. die redelike en noodsaaklike finansiële uitleg (insluitende die koste van korrespondensie, nuusblad- en tydskrif- advertensies, media-, radio- en/of televisieaankondigings, vervoerkoste, verpakking en/of tydelike stoorkoste) aangegaan deur die Versekerde om voorsiening te maak vir die terugsending van die produk(te) of enige deel daarvan:
1. na die perseel van die Versekerde;
2. na die perseel van die vervaardiger of produsent (of die genomineerde agent van die vervaardiger of produsent);
2. die koste aan ondersoek, en waar nodig, vervanging of herverwerking van die produk(te) (of deel daarvan) opgedoen deur die Versekerde of sy genomineerde agent as gevolg van die herroeping soos hierbo omskryf.
Produkwaarborg
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie en nieteenstaande enigiets wat strydig is met die omskrywing van die Produk soos omskryf, sal die Maatskappy die Versekerde ooreenkomstig die Omskrewe Gebeurtenisse skadeloosstel vir die koste van verwydering, herwinning, herstel, verandering, behandeling of onkostes ten opsigte van die vervanging van enige produk of deel daarvan (insluitende houers en etikette) wat in gebreke bly om te voldoen aan die verwagte funksie of om te presteer soos gespesifiseer en gewaarborg is.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Versekerde verantwoordelik sal wees vir die Eerste Bedrag Betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R25 000 (vyf en twintig duisend rand) vir ieder en elke eis of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, watter ook al die meeste is;
2. die bedrag betaalbaar kragtens hierdie Uitbreiding, insluitende enige regskostes verhaalbaar vanaf die Versekerde, deur ʼn eiser of enige aantal eisers, en alle ander koste en uitgawes wat met die Maatskappy se toestemming aangegaan is, vir enige enkele gebeurtenis, of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron, of gedurende enige een (jaarlikse) versekeringstydperk, sal nie in geheel die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, oorskry nie;
3. uitvoer van wyn onder alle omstandighede aan wetgewing van die betrokke land waarheen die wyn uitgevoer word, moet voldoen;
4. Uitsondering 5 van Onderafdeling 2 steeds van krag is.
Verspreiding van brand
Hierdie Uitbreiding sal die Versekerde skadeloosstel teen die verlies, of skade wat veroorsaak word die verspreiding van brand vanaf die Versekerde se eiendom na ʼn derde party se eiendom.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. verlies van of skade aan plantasies, woude of suikerriet nie deur hierdie Uitbreiding ingesluit word nie;
MET VERDERE DIEN VERSTANDE DAT:
1.1 Enige verwysing na die woord “plantasies” in terme van die uitbreiding geld nie vir “wingerde” nie, en word “wingerde” spesifiek uitgesluit;
2. die skadeloosstelling sal nie die gegewe bedrag vermeld in die Skedule oorskry nie.
Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
Bladsy | 138 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022