Page 142 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 142
Werkgewersaanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
WERKGEWERSAANSPREEKLIKHEID (EISE INGESTEL-GRONDSLAG)
OMSKREWE GEBEURTENISSE
Skade waarvoor die Versekerde regtens aanspreeklik word om te betaal, as gevolg van die dood, of liggaamlike besering, of siekte van enige persoon wat ingevolge 'n diens- of vakleerlingskapkontrak in die Versekerde se diens is, en wat op, of na die terugwerkende datum wat in die Skedule vermeld word, in die loop van, en in verband met sodanige persoon se diens by die Versekerde binne die gebiedsperke plaasvind, en wat aanleiding gee tot 'n eis, of eise wat aanvanklik gedurende die versekeringstydperk skriftelik teen die Versekerde ingestel is.
SKADELOOSSTELLINGSPERK
Die bedrag wat betaalbaar is met inbegrip van enige regskoste wat deur 'n eiser of enige aantal eisers van die Versekerde verhaalbaar is, en alle ander koste en uitgawes wat met die Maatskappy se toestemming aangegaan word, vir enige een gebeurtenis of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron, sal nie die skadeloosstellingsperk vermeld in die Skedule oorskry nie.
GEBIEDSPERKE
Enige plek ter wêreld (uitsluitend die VSA en Kanada werksaamhede), maar nie in verband met die volgende nie:
1. enige besigheid wat die Versekerde bedryf by of vanaf 'n perseel buite;
2. enige kontrak vir die uitvoer van werk buite
die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zambië, Zimbabwe, Malawi en Mosambiek.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Hierdie Afdeling sluit nie die volgende in nie:
1. aanspreeklikheid wat deur die Versekerde aanvaar word ingevolge enige kontrak, onderneming of ooreenkoms, tensy sodanige aanspreeklikheid aan die Versekerde gebind sou kon word in die afwesigheid van sodanige kontrak, onderneming of ooreenkoms;
2. aanspreeklikheid vir siekte of gebrek wat toe te skryf is aan 'n geleidelik-werkende oorsaak wat nie weens 'n skielike en identifiseerbare ongeval of gebeurtenis ontstaan nie;
3. boetes, straftoekennings, straf-, bestraffende of wraaksugtige skadevergoeding;
4. 4.1 skadevergoeding ten opsigte van uitsprake wat in die eerste instansie gelewer is deur of verkry is in ʼn ander hof as ʼn hof met regsbevoegdheid binne die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho en Eswatini (voormalige Swaziland);
4.2 onkoste en uitgawes van 'n regsgeding wat deur enige eiser van die Versekerde verhaal word en wat nie aangegaan en verhaalbaar is in die gebied wat in 4.1 hierbo beskryf word nie;
5. enige eis wat voortspruit uit ʼn gebeurtenis wat aan die Versekerde bekend was:
5.1 wat nie ingevolge Algemene Voorwaarde 8 by die Maatskappy aangemeld is nie;
5.2 voor die aanvang van hierdie Afdeling;
6. enige eis (in die geval van kansellasie of nie-hernuwing van hierdie Afdeling) wat nie aanvanklik binne die tydperk van 48 (agt en veertig) maande (of verlengde tydperk ten opsigte van minderjariges) skriftelik teen die Versekerde ingestel is nie soos gespesifiseer in Spesifieke Voorwaarde 2.
Bladsy | 140 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022