Page 141 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 141
Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
SPESIALE BEPALING:
Dit is ʼn voorwaarde tot die aanvaarding van aanspreeklikheid dat:
1. die Versekerde voldoen aan alle vereistes vervat in Die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande Nr. 101 van 1998 (soos gewysig) ongeag of die brand ʼn veldbrand is of nie.
2. die Versekerde ʼn lid is van ʼn Brandbestrydingsvereniging soos omskryf in die Wet hierbo vermeld (maar alleenlik indien een geregistreer is in die area waar die Versekerde se perseel geleë is).
Nienakoming van hierdie verpligtinge soos uiteengesit onder Artikel 12(1) van Die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande Nr. 101 van 1998 (voorbereiding en onderhoud van brandbane) sal nie dekking verhoed onder hierdie Uitbreiding nie, met dien verstande dat die nienakoming van verpligtinge nie bygedra het tot die ontstaan en/of die verspreiding van die brand nie. Die onus om sodanige te bewys sal op die Versekerde rus.
Verspreiding van brand na plantasies, woude en suikerriet
As teenprestasie vir die betaling van 'n bykomende premie word Spesifieke Uitsondering 6.3 van Onderafdeling 1 van hierdie Afdeling gekanselleer;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde verantwoordelik is vir die Eerste Bedrag Betaalbaar van 15% (vyftien persent) van ieder en elke eis, met ʼn minimum, bedrag van R5 000 (vyf duisend rand) en ʼn maksimum bedrag van R100 000 (een honderd duisend rand) of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule.
SPESIALE BEPALING:
Dit is 'n voorwaarde tot die aanvaarding van aanspreeklikheid dat:
1. die Versekerde voldoen aan alle vereistes vervat in Die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande Nr. 101 van 1998 (soos gewysig), ongeag of die brand ʼn veldbrand is of nie;
2. die Versekerde ʼn lid is van ʼn Brandbestrydingsvereniging soos omskryf in die Wet hierbo vermeld (maar alleenlik indien een geregistreer is in die area waar die Versekerde se perseel geleë is)
Nienakoming van hierdie verpligtinge soos uiteengesit onder Artikel 12(1) van Die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande Nr. 101 van 1998 (voorbereiding en onderhoud van brandbane) sal nie dekking verhoed onder hierdie Uitbreiding nie, met dien verstande dat die nienakoming van verpligtinge nie bygedra het tot die ontstaan en/of die verspreiding van die brand nie. Die onus om sodanige te bewys sal op die Versekerde rus;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
vir doeleindes van hierdie voorbehoudsbepaling die verwysing na die term “plantasies” nie sal geld vir “wingerde” nie, en word “wingerde” spesifiek uitgesluit.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 139