Page 139 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 139

 Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
 2. VSA en Kanada koste-ingesluit-klousule
Tot die mate waarin hierdie Uitbreiding skadeloosstelling aan die Versekerde verleen, ten opsigte van enige aanmaning, eis of ʼn vervolging ingestel, of hofbevel binne die regsgebied van die VSA of Kanada, onder die voorwaardes van Afdelings 1 tot 4 van die Noord-Amerikaanse Regsbevoegdheid-klousule, en onderworpe aan alle bepalings en voorwaardes van hierdie Uitbreidings, sal sodanige skadeloosstelling slegs aan die Versekerde verleen word, op die grondslag dat die skadeloosstellingsperk wat deur ʼn oorspronklike polis verleen word, bestaan uit die Versekerde se maksimum aanspreeklikheid wat alle skade, vergoeding, rente, koste, uitgawes en betalings van watter aard ook al insluit, of so geag word.
3. Bestraffende skadevergoeding-klousule
Andersins onderworpe aan die bepalings en voorwaardes van hierdie Uitbreiding, word bykomende skade wat ontstaan weens die vermenigvuldiging van skadevergoeding en/of bestraffende skadevergoeding en/of verswarende skadevergoeding teen ʼn Versekerde bepaal
1. kragtens hierdie Afdeling van die Polis wat aandui dat skadeloosstelling vir sodanige skade verleen word OF
2. as deel van enige uitspraak, toekenning of skikking wat spruit uit enige aanmaning, eis of ʼn vervolging ingestel, of hofbevel binne die regsgebied van die VSA of Kanada
sal uitgesluit word vir verhaling daarteen.
Produkherroeping
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie, en nieteenstaande enigiets strydig vervat in Spesifieke Uitsondering 6.1 van toepassing op Onderafdeling 1 en 2, sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel ten opsigte van, uitgawes aangegaan deur die Versekerde vir die herroeping van ʼn produk/produkte, of enige deel daarvan, as gevolg van ʼn besluit wat geneem is deur die Versekerde gedurende die versekeringstydperk, en waarvan die Maatskappy in kennis gestel is gedurende die versekeringstydperk, dat dit noodsaaklik is, dat sodanige produk of produkte herroep moet word, aangesien gebruik of inname (of voortgesette gebruik of inname) daarvan daartoe aanleiding kan gee dat die Versekerde regtens aanspreeklik gehou kan word soos vervat in Onderafdeling 2 – Produkaanspreeklikheid van hierdie Afdeling;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir enige uitgawes voortspruitend uit die Versekerde se besluit om enige sodanige produk of produkte te herroep nie;
1. indien sodanige besluit geneem is, as gevolg van druk wat uitgeoefen word op die Versekerde deur enige Regering of Openbare Gesag en, wat nie andersins deur die Versekerde aangegaan sou word, sonder die inmenging van genoemde Regering of Openbare Gesag nie;
2. wat steeds in besit of onder die sorg, beheer en bewaring van die Versekerde, of sy/hulle moeder-, of filiaal, of verwante maatskappy is, en nog nie aan kliënte gelewer is nie;
3. alleenlik weens die foutiewe aflewering of verkeerdelik geadresseer deur of namens die Versekerde;
4. indien herroeping teweeggebring word alleenlik weens blootstelling aan weersomstandighede, of weens eksterne verlies of skade, of as gevolg van geleidelike agteruitgang. Hierdie uitsondering sal nie van toepassing wees indien ʼn gebrek in die produk(te) verskaf vererger of toeneem bloot weens blootstelling aan weersomstandighede of weens die verloop van tyd nie;
5. die Versekerde se aanspreeklikheid om enige invoerbelasting of Doeane en Aksynskoste of Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) te betaal voordat sodanige produk(te) aan die Versekerde gelewer word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die bedrag betaalbaar kragtens hierdie Uitbreiding, insluitende enige regskostes verhaalbaar vanaf die Versekerde, deur ʼn eiser of enige aantal eisers, en alle ander koste en uitgawes wat met die Maatskappy se toestemming aangegaan is, vir enige enkele gebeurtenis, of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron, of gedurende enige een (jaarlikse) versekeringstydperk, sal nie in geheel die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, oorskry nie.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 137















































































   137   138   139   140   141