Page 125 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 125
Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
5. Kontraktuele Aanspreeklikheid
Hierdie Onderafdeling stel die Versekerde skadeloos vir aanspreeklikheid aanvaar in terme van enige kontrak wat die Versekerde aangaan met, of toeken aan, enige spoordiensverskaffer, regeringsdepartement of semi- regeringsdepartement, provinsiale administrasie, munisipaliteit en/of soortgelyke liggaam wat die gebruik van spoorwegsylyne verseker ten opsigte van vervoerkontrakte (gevaarlike persele) en/of ooreenkomste van soortgelyke aard.
6. Kruisaanspreeklikheid
Indien die Versekerde uit meer as een party bestaan, stel die Maatskappy elke Versekerde op dieselfde wyse en tot dieselfde mate skadeloos asof ʼn afsonderlike Polis aan elk uitgereik is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die algehele aanspreeklikheid van die Maatskappy vir alle aanspreeklikheid opgedoen deur enige, of al die Versekerdes hoogstens die Skadeloosstellingsperk beloop wat vermeld word in die Skedule van toepassing op hierdie Onderafdeling van die Polis.
7. Nood-mediese onkoste
Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel, vir alle billike onkoste wat deur die Versekerde aangegaan is, vir sodanige onmiddellike mediese behandeling, as wat nodig mag wees ten tye van ʼn ongeval wat besering veroorsaak aan enige persoon wat ingevolge hierdie Afdeling, die onderwerp van ʼn skadeloosstellingseis teen die Versekerde mag wees;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die skadeloosstellingsperk ingevolge hierdie Uitbreiding nie R50 000 (vyftig duisend rand) vir enige enkele gebeurtenis sal oorskry nie.
8. Oesbespuiting
Die skadeloosstelling verleen in terme van hierdie Afdeling is uitgebrei om die Versekerde se regsaanspreeklikheid in te sluit, wat voortspruit uit die spuit van oeste met insekdoders en ander soortgelyke middels op landerye of veld, in die besit van, of bewoon deur die Versekerde;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie die Versekerde skadeloos sal stel van enige aanspreeklikheid wat mag voortspruit uit die lugbespuiting van oeste, plantasies, landerye of veld nie.
9. Outomatiese verkrygings
Die skadeloosstelling verleen ingevolge hierdie Onderafdeling van die Polis sal outomaties van toepassing wees op alle werksaamhede, insluitend die verkryging, vestiging of tot stand bring van die perseel gedurende die Versekeringstydperk;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Versekerde die Maatskappy skriftelik in kennis stel met volle onderskrywingsinligting:
1.1 binne 90 (negentig) dae vir nuwe verkrygings waar die jaarlikse omset nie meer as 15% (vyftien persent) van die Versekerde se laaste gepubliseerde jaarlikse omsetsyfers is nie, en daar geen wesenlike verandering aan die besigheid of risiko is nie;
1.2 so gou as prakties moontlik vir nuwe verkrygings, buiten die soos beskryf in 1.1 hierbo;
1.3 aan die begin van enige nuwe Versekeringtydperk, indien dit vroeër sou wees as in 1.1 of 1.2 hierbo;
2. omset vir enige nuwe verkrygings sal verklaar word dienooreenkomstig met Spesifieke Polisvoorwaarde 7, waar hierdie Onderafdeling van die Polis geskryf word op ʼn aanpasbare grondslag;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 123