Page 123 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 123

 Gekombineerde Aanspreeklikheid (eise ingestel-grondslag)
 Nietemin, waar die skadeloosstellingsperk verwys na “as geheel vir die jaar”, sal die Maatskappy se algehele aanspreeklikheid vir alle eise wat gedurende enige een versekeringstydperk ontstaan, beperk word tot die gegewe bedrag, ongeag die aantal gebeurtenisse waaruit sodanige eise voortspruit.
Gebiedsgrense
Sal vir die doeleindes van Onderafdeling 1 verwys na:
1. die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zimbabwe, Zambië, Mosambiek en Malawi;
2. elders in die wêreld uitsluitend die Verenigde State van Amerika (VSA) en/of Kanada en/of hul besittings of protektorate, maar slegs wanneer dit verband hou met die sakebedrywighede van die Versekerde by of van enige persele geleë in enige van die lande in 1 hierbo vermeld.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op Onderafdeling 1)
Die Maatskappy sal nie die Versekerde onder hierdie Onderafdeling ten opsigte van die volgende skadeloosstel nie:
1. vir verlies van, of skade aan, eiendom wat aan die Versekerde behoort, of wat onder die sorg, bewaring of beheer van die Versekerde is;
2. skade aan eiendom waaraan gewerk word en wat weens sodanige werk ontstaan;
3. wat ontstaan weens die eienaarskap, besit, of gebruik deur, of namens die Versekerde of ʼn werknemer van die Versekerde van:
3.1 enige meganiese aangedrewe voertuig of sleepwa, terwyl in gebruik in omstandighede waar verpligte versekering of sekuriteit kragtens enige padverkeerswetgewing vereis word, maar hierdie Uitsondering sal nie van toepassing wees op aanspreeklikheid deur die volgende veroorsaak nie:
3.1.1 die laai of aflaai van enige sodanige voertuig of sleepwa wat ontstaan buite die grense van enige rybaan of deurgang;
3.1.2 enige selfaangedrewe meganiese toestel of enige masjinerie of apparaat gekoppel aan enige ander voertuig, terwyl dit as ʼn werktuig gebruik word, behalwe in omstandighede waar sodanige aanspreeklikheid deur enige padverkeerswet bepaal word en verpligte versekering of sekuriteit vereis word;
3.2 enige lugvaartuig of ander lugtoestel, hommeltuig, skeertuig, vaartuig of aflandige installasie, maar hierdie Uitsondering sal nie van toepassing wees op aanspreeklikheid deur die volgende veroorsaak nie:
3.2.1 ʼn handaangedrewe vaartuig of seilboot wat nie 8m (agt meter) in lengte oorskry nie; of
3.2.2 vaartuie wat nie 25m (vyf en twintig meter) in lengte oorskry nie, wat nie deur die Versekerde besit word nie maar deur die Versekerde gebruik word vir besigheid vermaaklikheids-doeleindes met die uitsondering van resies of proeflopies;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde nie op skadeloosstelling onder enige ander Polis geregtig is nie;
4. wat ontstaan weens enige produk, behalwe voedsel of drank wat op die Versekerde se perseel verbruik word;
5. ʼn besering of skade wat ontstaan na die voltooiing en oorhandiging van enige werk en wat veroorsaak word deur, of deur middel van, of in verband met, enige gebrek, fout of weglating in sodanige werk;
6. aanspreeklikheid as gevolg van ʼn besering of skade direk of indirek veroorsaak deur, of in verband met, of voortspruitend uit, of toeskryfbaar aan:
6.1 plofstowwe of die ontploffing van ʼn stoomketel;
6.2 vloed insluitende die bars van ’n damwal;
6.3 brand en ontploffing wat aanleiding gee tot die verspreiding van die brand na aangrensende persele;
7. die beslaglegging op, of die verlegging van water deur die Versekerde of enige persoon wat namens die Versekerde optree;
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 121








































































   121   122   123   124   125