Page 173 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 173
Groep persoonlike ongevalle
OPSIONELE BEPERKING VAN DEKKING (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule ) Motorvoertuigongeluksbeperking
Hierdie Afdeling geld slegs ten opsigte van dood en toevallige liggaamlike besering, tot die mate in die Skedule vermeld, van sodanige persoon wat regstreeks veroorsaak word deur ʼn motorongeluk.
Motorvoertuigongeluksbeperking (slegs besigheidsure)
Hierdie Afdeling geld slegs ten opsigte van dood en toevallige liggaamlike besering, tot die mate in die Skedule vermeld, van sodanige persoon wat regstreeks veroorsaak word deur ʼn motorongeluk wat plaasvind tydens die verloop van sy/ haar diens by die Versekerde.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op die hele Afdeling insluitende Uitbreidings)
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie, om vergoeding te betaal vir Liggaamlike Besering ten opsigte van enige Versekerde Persoon:
1. veroorsaak deur sodanige persoon se selfmoord, poging tot selfmoord of opsetlike selfbesering of doelbewuste blootstelling aan ooglopende risiko of besering (tensy dit in ʼn poging is om ʼn mens se lewe te red);
2. wie se dood of ongeskiktheid regstreeks of onregstreeks veroorsaak word, spruit uit, of die gevolg is van, of teruggespoor kan word na enige fisiese gebrek of swakheid wat bestaan het voor die ongeluk;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
indien die ongeskiktheid van die Versekerde Persoon slegs vererger is deur sodanige vooraf bestaande toestand, die Maatskappy na goeddunke, ʼn bedrag mag betaal wat hulle beskou betaalbaar sou wees indien so ʼn toestand nie bestaan het nie;
3. onder die ouderdom van 15 (vyftien) of bo 75 (vyf en sewentig) jaar;
4. terwyl die Versekerde Persoon:
4.1 per lug reis maar nie ʼn passasier is nie (ʼn “passasier” sluit nie ʼn lid van die bemanning, of enige persoon wat vir die doeleindes van enige vakkundige of tegniese werksaamheid ten opsigte van die lugvaartuig vervoer word, in nie);
4.2 hangsweef of in ʼn mikrovliegtuig vlieg;
5. as ʼn direkte oorsaak van die Versekerde Persoon:
5.1 wat onder die invloed van alkohol, dwelms of verdowingsmiddels is, tensy sodanige dwelms of verdowingsmiddels wettig deur ʼn mediese praktisyn (behalwe die Versekerde Persoon) toegedien is, of tensy dit voorgeskryf is deur, en geneem word in, ooreenstemming met die instruksies van ʼn mediese praktisyn (behalwe die Versekerde Persoon);
5.2 wat ʼn motorvoertuig bestuur terwyl hy/sy meer as die wettige perk alkohol in sy/haar bloed het. Die wettige perk van toepassing sal ooreenstem met die wetgewing van toepassing in die gebied waar die ongeluk plaasvind;
6. terwyl hy/sy deelneem aan enige oproer, staking, burgerlike beroering, openbare wanorde, of as ʼn gevolg van die opsetlike pleeg van ʼn kriminele oortreding;
7. 7.1
na aanleiding van oorlog, inval, die optrede van ʼn buitelandse vyand, vyandelikhede (hetsy oorlog verklaar is of nie), burgeroorlog, muitery, opstand, rebellie, revolusie, militêre of geüsurpeerde gesag of enige gebeurlikhede of oorsake wat lei tot die afkondiging of gestanddoening van krygswet;
7.2 terwyl sodanige Versekerde Persoon besig is met aktiewe diens in die weermag, vloot, lugmag of polisiedienste van enige land;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Afdeling voortgaan om van toepassing te wees op Toevallige Liggaamlike Besering opgedoen onafhanklik van sodanige gebeurlikhede;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 171