Page 175 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 175

 Groep persoonlike ongevalle
 KLOUSULES EN OPSIONELE UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Ernstige siekte
Sou ʼn Versekerde Persoon gedurende die Versekeringstydperk gediagnoseer word met ʼn Ernstige Siekte, en die simptome daarvan, nie teenwoordig was by sodanige Versekerde persoon gedurende die 12 (twaalf) maande voor die inwerkingtreding van hierdie Uitbreiding nie, sal die Maatskappy vergoeding betaal soos vermeld in die Polisskedule.
Hospitalisasie
Indien ʼn Versekerde Persoon gedurende die versekeringstydperk in ʼn hospitaal opgeneem word as ʼn pasiënt as gevolg van ʼn Toevallige Liggaamlike Besering, sal die Maatskappy die bedrag wat in die Skedule per dag vir die tydperk van hospitalisasie tot en met 90 (negentig) dae betaal, of die aantal dae in die Skedule vermeld, watter een ook al die meeste is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir die eerste 24 (vier en twintig) uur van elke tydperk van hospitalisasie nie;
2. agtereenvolgende tydperke van hospitalisasie wat spruit uit dieselfde of verwante oorsake, sal beskou word as een ongeluk.
Kundige bystand vir ongelukke
Die Maatskappy sal die Versekerde voorsien van Kundige bystand vir ongelukke, deur die diens wat gelewer word deur Roadcover, ten opsigte van bystand met eise kragtens die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes (COIDA) of eise kragtens die Padongelukfonds (POF), soos uiteengesit in Aanhangsel 1 van die Polisskedule.
Voorsiening van hierdie dienste is onderhewig aan die algemene uitsonderings, voorwaardes, bepalings en prosedures van die diensverskaffer soos omskryf in Aanhangsel “1” aangeheg by die Polisskedule.
Die volgende bykomende bepalings is van toepassing ten opsigte van bogenoemde Kundige bystand vir ongelukke:
1. Die beseerde persoon moet ʼn Versekerde Persoon in terme van hierdie Afdeling en in diens van die Versekerde wees.
2. Enige koste aangegaan deur ʼn beseerde Versekerde Persoon, wat deur ʼn buiteparty sonder die skriftelike toestemming van Roadcover genader word, sal nie ingesluit word nie.
3. Die beseerde werknemer is ten alle tye daarop geregtig om tweede opinies van buitepartye te kry, maar die koste daarvan sal nie ingesluit word nie, tensy dit skriftelik deur Roadcover goedgekeur is.
4. Die beseerde werknemer is nie verplig om van hierdie bystandsdienste gebruik te maak nie en mag alternatiewe bystand bekom, in welke geval die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir enige kostes aangegaan nie.
5. Die Kundige bystand vir ongelukke is slegs beskikbaar vir Ongeluk, besering, of voorval wat binne die Republiek van Suid-Afrika plaasvind.
6. Ten tye van die Ongeluk, besering of voorval moet die Versekerde en die Versekerde Persoon voldoen aan die wetlike en regulerende aangeleenthede vereis deur die Wette van die Vergoedingskommissaris in terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes en/of die POF.
7. Die Kundige bystand vir ongelukke voorsien deur Roadcover, waarborg nie prestasie van, of deur die Vergoedingskommissaris (COIDA) en/of die POF nie.
MIV/Vigs Bystand
Die Maatskappy sal die Versekerde Persoon met MIV/Vigs Bystanddienste voorsien ten opsigte van alle eise wat voortspruit uit Toevallige blootstelling aan MIV/Vigs, onderhewig aan die standaard Terme, Voorwaardes, Bepalings, en Uitsluitings soos vermeld in Aanhangsel 2 aangeheg by die Polisskedule. Sodanige eis vir Toevallige blootstelling aan MIV/Vigs moet binne 24 (vier en twintig) uur na die Toevallige blootstelling by die noodnommer hieronder gerapporteer word.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 173













































































   173   174   175   176   177