Page 176 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 176

 Die noodkontaknommer is 0861 555 114
Die volgende voordele wat voorsien word en prosedures wat gevolg moet word, word meer breedvoerig in Aanhangsel 2 van die Polisskedule beskryf:
1. 24 (vier en twintig) uur toegang tot die oproepsentrum vir inligting, proses-instruksies, raad en ondersteuning;
2. aanstel van ʼn gevallebestuurder, dokter of ʼn opgeleide verpleegkundige;
3. berading rakende MIV-blootstelling (indien dit nog nie voorheen gedoen is nie) en;
4. die nodige mediese protokol wat gevolg moet word.
Sou die Versekerde Persoon MIV-positief wees by die aanvanklike toetsing, sal geen verdere hulp verskaf word nie.
Oorlog risiko’s
Dit word verklaar en ooreengekom dat Spesifieke Uitsondering 7 ten volle geskrap word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om vergoeding te betaal ten opsigte van hierdie Uitbreiding vir eise wat ontstaan terwyl die Versekerde Persoon aan diens is, of opleiding by enige weermag of polisiediens ondergaan nie;
2. die Uitbreiding mag te enige tyd deur die Maatskappy gekanselleer word deur 30 (dertig) dae skriftelike kennis daarvan te gee.
Toevallige MIV blootstelling
Indien ʼn Versekerde Persoon besmet raak met Menslike Immuniteitsgebreksindroom (MIV) as gevolg van ʼn toevallige liggaamlike blootstelling wat spruit uit, en in die loop van sy/haar beroep plaasvind, sal die Maatskappy aan die Versekerde betaal, namens die Versekerde Persoon of sy/haar boedel, die bedrag vermeld in die Skedule.
Vir die doel van hierdie Opsionele Uitbreiding, raak ʼn Versekerde Persoon nie besmet met MIV binne die betekenis van hierdie Versekering nie, tensy:
1. die Versekerde Persoon binne ʼn tydperk van 24 (vier en twintig) uur wat volg op die toevallige blootstelling, ʼn amptelike verslag indien van sodanige blootstelling by die genomineerde verantwoordelike persoon binne die Versekerde se organisasie, wat om die beurt die Maatskappy skriftelik in kennis moet stel binne 72 (twee en sewentig) uur van sodanige toevallige blootstelling; en
2. binne 72 (twee-en-sewentig) uur na sodanige blootstelling, sal die Versekerde Persoon ʼn toets ondergaan, uitgevoer deur ʼn geregistreerde mediese praktisyn in ooreenstemming met laboratorium- en kliniese standaarde wat voldoen aan goeie kliniese praktyk, op daardie datum wat demonstreer dat die Versekerde Persoon nie MIV het nie, en
3. binne ʼn tydperk van drie (3) kalendermaande vanaf die datum van die toevallige blootstelling en gedurende sy leeftyd, die Versekerde Persoon aanvanklik deur ʼn geregistreerde mediese praktisyn gediagnoseer word dat hy/ sy MIV positief is, moet die diagnose gemaak word in ooreenstemming met laboratorium- en kliniese standaarde, wat voldoen aan goeie kliniese praktyk.
Spesifieke Voorwaardes
1. Die Maatskappy is daarop geregtig om te vereis dat enige toets gedupliseer word deur ʼn geregistreerde mediese praktisyn van hul keuse.
2. Indien die uitslag van enige toets wat deur die Versekerde Persoon se geregistreerde mediese praktisyn uitgevoer is verskil van, die toets wat deur die Maatskappy se mediese praktisyn uitgevoer is, sal die finale toets gedoen word deur ʼn ander geregistreerde mediese praktisyn wat vir beide partye aanvaarbaar is, indien daar nie ooreengekom kan word nie, sal ʼn geregistreerde mediese praktisyn deur die President van die Mediese Vereniging van Suid- Afrika aangewys word en sy/haar bepaling sal bindend wees.
3. Indien die Versekerde Persoon met “MIV” besmet word, sal die datum van sy/haar infeksie beskou word as die datum van toevallige blootstelling, tensy die teendeel bewys word.
4. Na die aanmelding van ʼn Gebeurtenis wat kon aanleiding gee tot ʼn eis in terme van hierdie versekering, sal die Maatskappy ten alle tye gedurende en na die versekeringstydperk toegang hê tot die Versekerde Persoon se mediese rekords soos deur die Versekerde gehou.
Groep persoonlike ongevalle
  Bladsy | 174 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022










































































   174   175   176   177   178