Page 188 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 188
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde Persoon ʼn behoorlike fabrieksgeïnstalleerde veiligheidsgordel gedra het terwyl hy/sy bestuur het, of ʼn passasier in ʼn privaat motorvoertuig was toe die ongeluk Dood of Algehele Ongeskiktheid veroorsaak het.
Bewys dat die veiligheidsgordel werklik gedra is ten tye van die ongeluk moet deel vorm van die amptelike verslag van die ongeluk of dit moet skriftelik deur die ondersoekbeampte(s) gesertifiseer word.
Verdwyning
Indien na ʼn gepaste tydperk van die verdwyning van ʼn Versekerde Persoon, dit redelik is om te glo dat sodanige persoon dood is as gevolg van Toevallige Liggaamlike besering, sal die Doodsvoordeel uitbetaal word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
indien sodanige opvatting nie korrek is nie, sal sodanige voordeel aan die Maatskappy terugbetaal word deur die Versekerde.
Verminking
Die Tabel van Permanente Ongeskiktheid word hierdeur uitgebrei om liggaamlike beserings wat permanente verminking tot gevolg het, in te sluit van:
1. die kop, nek en hande – met dien verstande dat die totale area wat aangetas is meer as 20% (twintig persent) van die totale area is;
2. alle ander areas van die liggaam – met dien verstande dat die totale area wat aangetas is en, waarop vergoeding bereken word, meer as 5% (vyf present) van die totale liggaamsarea oorskry.
Vergoeding betaal hieronder is ʼn persentasie van die vergoeding in direkte proporsie tot die area geaffekteer. Die voordele betaalbaar ten opsigte van 1 en 2 hierbo sal onafhanklik toegepas en toenemend wees, maar die algehele aanspreeklikheid van die Maatskappy vir permanente verminking, as gevolg van ʼn Ongeluk of ʼn reeks Ongelukke wat voorspruit uit een oorsaak vir enige een Versekerde Persoon, sal beperk word tot 50% (vyftig persent) van die bedrag betaalbaar vir Permanente Algehele Ongeskiktheid ingevolge 2 hierbo.
Vergoeding sal nie kragtens hierdie uitbreiding betaalbaar wees bykomend tot vergoeding betaalbaar vir dieselfde Liggaamlike Besering kragtens die Tabel vir Permanente Ongeskiktheid nie en, sal beperk word tot 100% (een honderd persent) van die vergoeding verleen vir Permanente Algehele Ongeskiktheid.
Verminking wat korrektiewe mediese prosedures benodig
In die geval van ʼn eis waar die Versekerde Persoon permanent vermink is as gevolg van ʼn Toevallige Liggaamlike Besering, in so ʼn mate dat dit ʼn noemenswaardige sielkundige uitwerking op die Versekerde Persoon sal hê, en ʼn gekwalifiseerde sielkundige dit vereis deur ʼn aanbeveling te maak dat, die Versekerde korrektiewe mediese prosedures soos plastiese chirurgie moet ondergaan om, sodoende die Versekerde Persoon se selfvertroue, welstand en/of lewenskwaliteit te verbeter, sal die Maatskappy die volgende voordeel betaal:
1. die kop, nek en hande – ʼn bykomende 25% (vyf en twintig persent) van die Permanente Ongeskiktheidsvoordeel vir redelike en nodige onkostes vir mediese prosedures aangegaan tot ʼn maksimum bedrag van R300 000 (drie honderd duisend rand) per Versekerde Persoon;
2. alle ander areas van die liggaam – ʼn bykomende 10% (tien persent) van die Permanente Ongeskiktheidsvoordeel vir redelike en nodige onkostes vir mediese prosedures aangegaan tot ʼn maksimum bedrag van R100 000 (een honderd duisend rand) per Versekerde Persoon.
In die afwesigheid van ʼn sielkundige evaluering, mag die Maatskappy, na eie goeddunke en na voorlegging van mediese verslae en/of foto’s wat die omvang van die verminking aandui, besluit om die voordeel te betaal.
Vergoeding kragtens hierdie uitbreiding sal betaalbaar wees bykomend tot vergoeding betaal vir dieselfde Liggaamlike Besering kragtens die Tabel van Permanente Ongeskiktheid of die Verminkingsuitbreiding, maar sal enige prosedure van ʼn suiwer kosmetiese aard uitsluit.
Werkendetyd
Dekking is van toepassing 24 (vier en twintig) uur per dag, sewe (7) dae per week, tensy andersins beperk deur ʼn endossement en/of memorandum tot hierdie Afdeling.
Aangegewe voordele
Bladsy | 186 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022