Page 190 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 190
8. wie se dood en ongeskiktheid regstreeks of onregstreeks toegeskryf kan word aan die Menslike Immuniteits- gebreksvirus (MIV en/of enige MIV verwante siekte) of Verworwe Immuniteitsgebreksindroom (VIGS), insluitende afleidings of variasies daarvan, hoe dit ook al veroorsaak word. Die onus sal altyd op die Versekerde rus om te bewys dat dood of ongeskiktheid van ʼn Versekerde Persoon nie voorspruit uit, of nie veroorsaak is deur, VIGS of MIV nie;
9. terwyl hy/sy aan sport as ʼn professionele speler deelneem. Vir die doel van hierdie uitsluiting is ʼn professionele speler ʼn persoon wat meer as 50% (vyftig persent) van hulle inkomste verdien deur aan sport deel te neem;
10. wie se beroep insluit die vervaardiging, stoor, gebruik of hantering van plofstof of ploftoestelle. Hierdie Uitsluiting is nie van toepassing op bo- of ondergrondse mynbouberoepe nie.
SPESIFIEKE VOORWAARDES
1. Hierdie Afdeling is nie oordraagbaar nie. Vergoeding sal slegs aan die Versekerde betaalbaar wees wie se kwitansie sal dien as volle en finale ontslag van die Maatskappy. Geen Versekerde Persoon sal enige reg teen die Maatskappy hê nie.
2. Geen bedrag kragtens hierdie Polis sal enige rente dra nie.
3. Hierdie Afdeling kan op aandrang van die Maatskappy ongeldig verklaar word in die geval van wanvoorstelling, of wanbeskrywing, of weerhouding van inligting deur of namens die Versekerde, of ʼn Versekerde Persoon ten opsigte van enige bepaalde gegewens van hierdie versekering.
4. Die Maatskappy moet skriftelik in kennis gestel word, op die voorgeskrewe eisvorm so gou prakties moontlik, maar in elke geval binne 12 (twaalf) maande na enige gebeurtenis wat aanleiding mag gee tot ʼn eis kragtens hierdie Afdeling, maar kennis van dood moet onverwyld gegee word en die Maatskappy sal die reg hê tot ʼn nadoodse ondersoek van die liggaam.
Alle sertifikate, inligting en bewyse wat deur die Maatskappy versoek mag word, sal kosteloos aan die Maatskappy verskaf word, binne 30 (dertig) dae nadat die Maatskappy die Versekerde van hulle vereistes in kennis gestel het.
Na die opdoen van ʼn Liggaamlike Besering waarvoor vergoeding kragtens hierdie Afdeling betaalbaar mag wees, sal die Versekerde Persoon, wanneer redelikerwys deur die Maatskappy daartoe versoek word, ʼn mediese ondersoek ondergaan, namens en, op die onkoste van die Maatskappy en enige daaropvolgende behandeling soos gespesifiseer. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir betaling tensy hierdie Voorwaarde tot hulle tevredenheid nagekom word nie.
Gekwalifiseerde mediese advies sal spoediglik na die gebeurtenis van enige Liggaamlike Besering gesoek en nagevolg word, en die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir enige deel van enige eis wat, na die mening van hulle mediese adviseur spruit uit die, onredelike en opsetlike nalatigheid of versuim van ʼn Versekerde Persoon om die sorg van ʼn gekwalifiseerde lid van die mediese professie te soek en daaronder te bly nie.
5. Indien enige verskil sou ontstaan oor die bedrag wat kragtens hierdie Afdeling betaal moet word (aanspreeklikheid word andersins erken), sal sodanige verskil verwys word vir arbitrasie in ooreenstemming met die statutêre bepalings tot tyd en wyl van krag, en die uitspraak gelewer sal ʼn voorafgaande voorwaarde van enige aanspreeklikheid van die Maatskappy wees, om enige betaling kragtens hierdie Afdeling te maak.
6. In die geval waar die Maatskappy aanspreeklikheid ontken ten opsigte van enige eis, en ʼn aksie of regsgeding nie binne 12 (twaalf) maande na sodanige ontkenning ingestel is nie of, in die geval waar ʼn arbitrasie plaasvind, binne 12 (twaalf) maande na die Arbiter sy/haar beslissing gemaak het, sal alle voordele kragtens hierdie Afdeling van die Polis ten opsigte van sodanige eis, as verbeurd verklaar word.
7. Indien die Premie bereken is op beramings voorsien deur die Versekerde, moet ʼn akkurate rekord met al die relevante besonderhede deur die Versekerde in stand gehou word, waartoe die Maatskappy die reg tot toegang sal hê. Die Versekerde sal sodanige inligting binne een maand na die verstryking van elke Versekeringstydperk voorsien en die Premie sal dienooreenkomstig aangepas word.
7.1 Die beramings en verklaring van totale lone, verdienstes of salarisse waarop die premie hierkragtens gebaseer is, sal alle items van vergoeding insluit soos uiteengesit onder die woordomskrywing van “Jaarlikse Verdienste” onder hierdie Afdeling.
7.2 In die geval waar sodanige toelaes nie in die beramings of verklaarde verdienste ingesluit is nie, sal die bedrae nie ingesluit word by die berekening van enige eis nie.
8. Hierdie Afdeling sal beheer word deur die wette van die Republiek van Suid-Afrika, wie se howe regsbevoegdheid het in enige dispuut wat hieruit spruit.
Aangegewe voordele
Bladsy | 188 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022