Page 193 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 193
Aangegewe voordele
Spesifieke Uitsonderings
Geen eis sal betaal word nie indien:
1. die Versekerde Persoon onder die vel of binne-aarse dwelms gebruik of gebruik het, tensy dit as deel van mediese behandeling deur ʼn geregistreerde mediese praktisyn voorgeskryf is;
2. dit regstreeks of onregstreeks bygedra het tot, of enige mediese toestand veroorsaak het, wat bekend was of redelikerwys aan die Versekerde Persoon bekend sou wees en wat nie verklaar en genoteer is deur die Maatskappy voor die aanvang van die versekering nie;
3. die Versekerde Persoon versuim of weier om hom-/haarself spoediglik beskikbaar te stel vir ʼn ondersoek of verwante toetse wat versoek word;
4. die Versekerde Persoon nie meer ʼn werknemer van die Versekerde is wanneer die MIV-positiewe diagnose gemaak word nie.
Tydelike algehele ongeskiktheid – siekte
Hierdie Afdeling is uitgebrei om Tydelike Algehele Ongeskiktheid van die Versekerde Persoon in te sluit, wat veroorsaak is deur siekte of kwale wat aan die liggaam opgedoen is, en aanvang geneem het na die inwerkingtreding van hierdie Afdeling, onderhewig aan al die Terme, Voorwaardes, Bepalings en Uitsluitings van die Polis;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
geen vergoeding betaal sal word kragtens hierdie Uitbreiding nie:
1. ten opsigte van siekte of kwale waarvoor die Versekerde Persoon reeds behandeling of mediese raad ontvang het voor die inwerkingtreding van hierdie Afdeling;
2. vir siekte wat aan die lig gekom het binne die eerste 30 (dertig) dae na hierdie dekking in werking tree;
3. vir die eerste 30 (dertig) dae van enige tydperk van ongeskiktheid wat volg op ʼn siekte;
4. ten opsigte van enige Versekerde Persoon wat reeds die ouderdom van 65 (vyf en sestig) jaar bereik het;
5. ten opsigte van:
5.1 veneriese of ander sosiaal oordraagbare siektes;
5.2 kongenitale abnormaliteite en toestande wat daaruit ontstaan of die gevolg is van;
5.3 enige geestes- en/of senuwee-ongesteldheid, of enige soortgelyke toestand wat ontstaan uit, of te wyte is aan stres of stresverwante omstandighede.
WOORDOMSKRYWINGS
Ernstige siekte beteken enige van die volgende:
1. Alzheimersiekte
Die agteruitgang of verlies van intellektuele vermoë of abnormale gedrag wat voortspruit uit Alzheimersiekte of onomkeerbare ongesteldheid (uitsluitend neurose en enige psigiatriese siekte) wat ʼn beduidende vermindering in geestes- en sosiale funksionering tot gevolg het en uiteindelik toesig oor die Versekerde Persoon vereis. Die diagnose moet klinies bevestig word deur ʼn toepaslike konsultant en bekragtig word deur die Maatskappy se mediese konsultante.
2. Blindheid
Die totale en onomkeerbare verlies van sig in beide oë, maar met uitsluiting van blindheid wat veroorsaak is op toevallige, gewelddadige, uitwendige en sigbare wyse.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 191