Page 194 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 194

 Aangegewe voordele
    Ernstige siekte beteken enige van die volgende (vervolg):
  3. Kanker
ʼn Siekte wat aan die lig kom deur die teenwoordigheid van ʼn kwaadaardige gewas wat gekenmerk word deur onbeheerbare groei en verspreiding van kwaadaardige selle, en die indringing van normale omliggende weefsel. Alle kankers wat gediagnoseer en behandel word deur primêre biopsie alleen, met ander woorde wat nie verdere chirurgiese, mediese (chemoterapie, en soortgelyk), of radioterapie of ander behandelings benodig nie, word uitgesluit.
Die term “Kanker” sluit ook Leukemie en Hodgkinsiekte in, maar sluit die volgende uit:
3.1 alle velkankers;
3.2 kanker-in situ, insluitende melanoom-in situ.
4. Kroniese Koronêre Hartsiekte
Oop omleidingchirurgie of oop chirurgiese behandeling van koronêre siekte, maar uitsluitende angioplastiek en enige ander intra-arteriële prosedures.
5. Kroniese Lewersiekte
Eindstadium lewerversaking soos bewys deur die volgende:
5.1 Permanente geelsug;
5.2 Askites; en
5.3 Hepatiese enkefalopatie.
6. Koma
ʼn Toestand van onbewustheid met geen uitwerking of reaksie op eksterne stimulasie of interne behoeftes nie, en waar permanente neurologiese agterstand teenwoordig is, waar daar volhard word met die gebruik van lewensondersteuningstelsels wat die gebruik van ’n respirator vir ʼn onbepaalde tydperk moet insluit.
7. Hartaanval
Die dood van ʼn betekenisvolle deel van die hartspier as gevolg van onvoldoende bloedvloei na die relevante area. Die diagnose sal die volgende kriteria insluit:
7.1 ʼn geskiedenis van tipiese borskaspyn;
7.2 nuwe EKG veranderinge; en
7.3 verhoging van hart ensieme.
8. Hartklep chirurgie
Die eerste geleentheid van oop of endoskopiese hartklep chirurgie, uitgevoer om een of meer hartkleppe te vervang of te herstel, as ʼn gevolg van gebrek wat nie deur binne-aarse kateterprosedures alleen herstel kan word nie. Die chirurgie moet uitgevoer word na aanbeveling van ʼn konsultantkardioloog.
9. Nierversaking
Eindstadium nierversaking wat voorgestel word as ʼn chroniese onomkeerbare versaking van beide niere om te funksioneer, as gevolg waarvan gereelde nierdialise ingestel moet word.
10. Gehoorverlies
Algehele en onomkeerbare verlies van gehoor in beide ore van alle klanke as gevolg van ʼn chroniese siekte soos bewys en bevestig deur mediese oudiometrie en klankdrempeltoetse.
       Bladsy | 192 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022







































































   192   193   194   195   196