Page 196 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 196
Aangegewe voordele
Ernstige siekte beteken enige van die volgende (vervolg):
16. Paraplegie
Die algehele en onomkeerbare verlies van die gebruik van beide bene of beide arms.
17. Parkinson se siekte
ʼn Degeneratiewe chroniese en progressiewe siekte van die sentrale senuweesisteem wat veroorsaak word deur gebrekkige vorming en werking van dopamien, verswakte motoriese vaardighede en spraak, wat lei tot spierstyfheid, bewing, verstadiging van fisiese beweging (bradikinese) en, in ernstige gevalle, ʼn verlies van fisiese beweging (akinese).
18. Beroerte
Enige serebrovaskulêre gebeurtenis of ongeluk wat ʼn beduidende neurologiese gevolg het vir meer as 24 (vier en twintig) uur aaneenlopend wat infarksie van die breinweefsel, bloeding, en embolisme van ʼn ekstra kraniale oorsprong insluit. Bewyse van belemmerende permanente neurologiese agterstand moet gelewer word.
Gediagnoseer beteken:
Versekerde Persoon beteken:
Diagnose deur ʼn geregistreerde mediese praktisyn, ondersteun deur kliniese, radiologiese, histologiese en laboratoriumbewyse, aanvaarbaar vir die Maatskappy
Die persoon of persone gespesifiseer in die Skedule
SPESIALE BEPALINGS
1. Die Maatskappy sal kragtens hierdie Uitbreiding slegs een keer verplig wees om die Versekerde Persoon te vergoed. Indien ʼn Versekerde Persoon betaling ontvang as Vergoeding vir ʼn Ernstige Siekte, sal die Versekerde Persoon se dekking kragtens hierdie Uitbreiding verval en kan dit nie weer heringestel word nie.
2. ʼn Versekerde Persoon aan wie Vergoeding kragtens die Tabel van Permanente Ongeskiktheidsvoordele vir liggaamlike besering betaal is, sal nie geregtig wees op Vergoeding kragtens hierdie Uitbreiding vir dieselfde liggaamlike besering of ongeskiktheid nie.
3. Alle Terme, Voorwaardes, Bepalings en Uitsonderings is op hierdie Uitbreiding van toepassing.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie, om vergoeding te betaal vir ʼn Ernstige Siekte gediagnoseer ten opsigte van enige Versekerde Persoon:
1. onder die ouderdom van 18 (agtien) en bo 65 (vyf en sestig) jaar;
2. waar die siekte ʼn gevolg is van die inname van alkohol, dwelms of verdowingsmiddels, tensy sodanige dwelms of verdowingsmiddels wettig deur ʼn mediese praktisyn (behalwe die Versekerde Persoon) toegedien is, of tensy dit voorgeskryf is deur, en geneem word in, ooreenstemming met die instruksies van ʼn mediese praktisyn (behalwe die Versekerde Persoon);
3. waar die siekte regstreeks of onregstreeks toegeskryf kan word aan Menslike Immuniteitsgebreksvirus (MIV en/of enige MIV verwante siekte) of Verworwe Immuniteitsgebreksindroom (VIGS), insluitende afleidings of afwykings daarvan hoe dit ook al veroorsaak is. Die onus sal altyd by die Versekerde rus om te bewys dat dood of ongeskiktheid van ʼn Versekerde Persoon nie voorspruit uit, of veroorsaak is deur VIGS of MIV nie;
4. waar die siekte toegeskryf kan word aan veneriese of ander sosiaal oordraagbare siektes;
5. waar die siekte direk veroorsaak is deur kindergeboorte of swangerskap;
6. waar die siekte die gevolg is van chirurgie en/of enige ander mediese prosedures of behandeling;
7. waar die siekte ontstaan het as gevolg van ʼn Toevallige Liggaamlike Besering of toegeskryf kan word aan ʼn geestesverwante oorsaak;
8. waar die Versekerde Persoon nie oorleef vir meer as 30 (dertig) dae na die diagnose nie.
Bladsy | 194 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022