Page 197 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 197

 Motor
  ONDERAFDELING A – VERLIES OF SKADE
OMSKREWE GEBEURTENISSE 1. Verlies van of skade:
MOTOR
aan enige voertuig soos beskryf in die Skedule, insluitende die toebehore en onderdele terwyl dit daarin of daarop is.
2. Bykomende koste
Bykomend sal die Maatskappy betaal vir:
2.1 beskerming en verwydering:
die koste vir die beskerming en verwydering na die naaste herstellers indien sodanige voertuig onbruikbaar is weens enige verlies of skade hierkragtens verseker;
2.2 berging:
Die koste van berging by die naaste werf, plek van veiligheid of herstellers indien sodanige voertuig onbruikbaar is weens enige verlies of skade hierkragtens verseker;
2.3 aflewering na herstel:
Die koste van aflewering aan die Versekerde, nadat sodanige verlies of skade herstel is, na die permanente adres van die Versekerde volgens die volgende gebiedsbestek:
Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zambië, Zimbabwe, Malawi of Mosambiek;
2.4 noodherstelwerk:
die Versekerde mag opdrag gee dat noodherstelwerk gedoen moet word sonder die vooraf goedkeuring van die Maatskappy;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
ʼn breedvoerige beraming eers bekom word en onmiddellik aan die Maatskappy gestuur word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie verantwoordelike sal wees om meer as R40 000 (veertig duisend rand) in geheel te betaal vir enige enkele gebeurtenis per voertuig ten opsigte van 2.1, 2.2, 2.3 en 2.4 hierbo uiteengesit nie.
3. Skadeloosstellingsperk
Die skadeloosstellingsperk vir elke soort voertuig is soos in die Skedule vermeld en sal die maksimum bedrag wees wat deur die Maatskappy betaalbaar is.
4. Herstel, herinstel of vervang
4.1 Die Maatskappy mag na goeddunke en sy eie keuse, sodanige voertuig, of enige deel daarvan en/of die toebehore en onderdele daarin of daarop, herstel, herinstel of vervang of die bedrag van die verlies of skade kontant betaal tot hoogstens die bedrag in die Skedule vermeld of die redelike herverkoopswaarde van sodanige voertuig, wat ook al die minste is.
4.2 Indien die Maatskappy sodanige voertuig vervang of herinstel, sal die Maatskappy die keuse hê om eienaarskap van die voertuig te neem.
5. Redelike herverkoopswaarde
Die redelike herverkoopswaarde van die voertuig en die fabrieksgeïnstalleerde toebehore en onderdele sal ten tye van sodanige verlies of skade bepaal word deur die Motorhandelaargids of die Kommersiële Voertuig-gids.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 195







































































   195   196   197   198   199