Page 199 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 199
Motor
6. skade aan buitebande;
6.1 deur die gebruik van remme;
6.2 deur padlekkasies, snye of barste; of
6.3 te wyte aan ongelykhede van die pad of ander oppervlak of weens die botsing met sodanige ongelykhede;
TENSY:
skade aan buitebande gepaard gaan met skade aan ander dele van die voertuig;
7. skade aan veerstelsels/skokbrekers te wyte aan ongelykhede in die pad of enige ander oppervlak of weens botsing met sodanige ongelykhede;
8. skade aan die versekerde voertuig veroorsaak deur, of toe te skryf aan, die onpadwaardige toestand van die voertuig;
9. verlies, skade, koste of uitgawes wat regstreeks of onregstreeks voortspruit uit permanente of tydelike onteiening wat die gevolg is van aanhouding, konfiskering, verbeurdverklaring, beslaglegging of rekwisisie wettiglik uitgevoer deur Doeane, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Misdaadvoorkomingseenhede of enige wettig ingestelde beamptes of owerhede.
ONDERAFDELING B – AANSPREEKLIKHEID TEENOOR DERDE PARTYE OMSKREWE GEBEURTENISSE
Enige ongeval veroorsaak deur, of deur middel van, of in verband met, enige voertuig wat in die Skedule beskryf word, of in verband met die laai en/of aflaai van sodanige voertuig ten opsigte waarvan die Versekerde en/of enige passasier regtens aanspreeklik word om alle bedrae, insluitende die eiser se koste en uitgawes, te betaal ten opsigte van:
1. dood of liggaamlike besering van enige persoon, maar met uitsluiting van dood of liggaamlike besering van enige persoon in die diens van die Versekerde, wat ontstaan uit, en in die loop van sodanige diens, of iemand wat ʼn lid van dieselfde huishouding of familie is as die Versekerde;
2. skade aan ander eiendom as die eiendom wat aan die Versekerde behoort, of deur hom/haar in trust gehou word, of in die bewaring, of onder die beheer van die Versekerde is, of wat deur sodanige voertuig vervoer word, of daarop of daarvan afgelaai word.
Die Maatskappy sal ook, ingevolge en onderworpe aan die beperkings van en vir die doeleindes van hierdie Onderafdeling:
1. alle koste en uitgawes betaal wat met hulle skriftelike toestemming aangegaan is, en sal daarop geregtig wees om na hul goeddunke te reël vir verteenwoordiging by enige doodsondersoek, of ondersoek ten opsigte van enige dood wat die onderwerp van skadeloosstelling ingevolge hierdie Onderafdeling mag wees, of vir die verdediging in enige landdroshof van enige strafregtelike vervolging ten opsigte van enige handeling wat enige gebeurtenis veroorsaak, of daarmee verband hou, wat die onderwerp van skadeloosstelling ingevolge hierdie Onderafdeling mag wees;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy se algehele aanspreeklikheid ingevolge sowel hierdie Uitbreiding as Onderafdeling B, hoogstens die skadeloosstellingsperk beloop wat vermeld word in die Skedule.
2. enige persoon skadeloosstel wat sodanige voertuig op bevel van die Versekerde of met die Versekerde se toestemming bestuur of gebruik;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. sodanige persoon, asof hul die Versekerde is, die Bepalings, Uitsonderings en Voorwaardes van hierdie versekering nakom, uitvoer en daaraan onderworpe is in soverre dit van toepassing mag wees;
2. sodanige persoon wat sodanige voertuig bestuur, deur geen versekeraar motorversekering of die voortsetting daarvan geweier is nie;
3. die skadeloosstelling nie van toepassing is ten opsigte van eise wat deur enige lid van dieselfde huishouding of familie as sodanige persoon, ingestel word nie;
4. sodanige persoon nie ingevolge enige ander Polis op skadeloosstelling geregtig is nie, behalwe ten opsigte van enige bedrag wat nie daarkragtens verhaalbaar is nie;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 197