Page 201 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 201
Motor
Omskrewe voertuig maar slegs indien dit ingevolge Onderafdeling A van hierdie Afdeling verseker is
Gespesifiseerde gedeelte van voertuig waarin besering opgedoen moet word
Enige privaat tipe motorvoertuig of gemotoriseerde Enige plek binne in die voertuig karavaan
Enige ander tipe versekerde voertuig behalwe ʼn bus of ʼn Die permanent omslote passasierdraende kompartement taxi
Hierdie voordeel is van krag ongeag of die toepaslike wetgewende fonds in staat is om vergoeding te betaal of nie.
OMSKRYWINGS
Toebehore en onderdele (nie-standaard)
Gebeurtenis
Voertuig
Omskrywing 1
Privaat tipe motorvoertuie (insluitende enige stasiewa, 4x4 of 4x2 stasiewaens), safari-voertuie, of soortgelyke voertuie wat ontwerp is om nie meer as 12 (twaalf) persone (insluitende die bestuurder) te dra nie, maar uitsluitende taxi’s
Omskrywing 2
Handelsvoertuie en spesiale tipe voertuie soos omskryf in die Skedule, maar uitsluitende taxi’s
Omskrywing 3
Motorfietse (insluitende bromponies, driewielvoertuie en vierwielmotorfietse) en gholfkarretjies
Omskrywing 4
Busse (insluitende enige voertuig wat vir besigheidsdoeleindes gebruik word en ontwerp is om meer as 12 [twaalf] persone, insluitend die bestuurder, te vervoer), maar uitsluitende taxi’s
Omskrywing 5
Sleepwaens, dit wil sê enige voertuig sonder selfaandrywing wat ontwerp is om deur ʼn selfaangedrewe voertuig gesleep te word, maar uitgesonderd enige onderdele of toebehore wat nie permanent daaraan gemonteer is nie
Omskrywing 6
1. enige sodanige voertuig wat deur die Versekerde besit, of gehuur word of onder ʼn bruikhuurkontrak is;
2. insluitende enige sodanige voertuig wat tydelik deur die Versekerde gebruik word as plaasvervanger vir enige gespesifiseerde voertuig wat in onbruik is met die doel om dit te versien, in stand te hou of te herstel;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die maksimum tydperk wat ʼn gehuurde of plaasvervangende voertuig gebruik mag word, sal nie 30 (dertig) aaneenlopende dae oorskry nie;
2. die Maatskappy se maksimum aanspreeklikheid hoogstens die redelike herverkoopswaarde van die vervangingsvoertuig of die skadeloosstellingsperk van die vervangde voertuig sal beloop soos vermeld in die Skedule
Enige toebehoor of onderdeel wat nie deur die vervaardiger as standaard toerusting verskaf word nie en wat na verkope aangebring is (opsionele ekstra)
Die woord “gebeurtenis” beteken ʼn gebeurtenis of reeks gebeurtenisse wat ontstaan uit een oorsaak in verband met enige enkele voertuig, ten opsigte waarvan skadeloosstelling deur hierdie versekering verleen word
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 199