Page 203 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 203

 Motor
 MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy se aanspreeklikheid beperk word tot:
1. R500 (vyf honderd rand) per persoon;
2. R2 500 (twee duisend vyf honderd rand) in geheel vir enige enkele gebeurtenis; of
3. R5 000 (vyf duisend rand) in geheel vir enige versekeringstydperk.
Onderdele
In die geval dat enige onderdeel nie as ʼn standaardartikel (klaar vervaardig) binne die Republiek van Suid-Afrika bekombaar is nie, sal die Maatskappy as volle ontslag ʼn bedrag gelykstaande aan die waarde van sodanige onderdeel ten tye van die verlies uitbetaal, maar die bedrag sal nie die vervaardigers se heersende pryslys vir sodanige onderdele in die Republiek van Suid-Afrika en die redelike koste vir vervoer, anders as deur lug, en die huidige arbeidskoste van toepassing daarop, oorskry nie.
Ontvallingskoste
In geval van ʼn ongeluk ten opsigte van privaat tipe motors (soos omskryf) en ligte handelsvoertuie met 'n BVM tot en met 3 500 kg met ʼn passasierdraende kompartement, wat binne drie (3) maande lei tot die dood van die Versekerde en/of die Versekerde se gade, sal die Maatskappy R10 000 (tien duisend rand) aan die Versekerde se boedel betaal as ʼn bydrae tot ontvallingskoste.
Oorlog
Slegs ten opsigte van Onderafdelings B en C word Algemene Uitsondering 1 geskrap en deur die volgende vervang:
“Hierdie Afdeling sluit nie oorlog, inval, optrede deur ʼn buitelandse vyand, vyandelikhede (hetsy oorlog verklaar is of nie), burgeroorlog, muitery, opstand, rebellie, revolusie, militêre of geüsurpeerde gesag in nie”.
Opsporingstoestel
Indien die opsporingstoestel wat in die voertuig geïnstalleer is nie opgespoor kan word nie of onherstelbaar beskadig is, sal die Maatskappy die redelike vervangingswaarde van sodanige toestel tot en met R1 500 (een duisend vyf honderd rand) betaal.
Padwaardigheid/voldoening
Die Versekerde moet die versekerde voertuig doeltreffend in stand en in ʼn padwaardige toestand hou sodat dit voldoen aan die Nasionale Padverkeerswet 93 van 1996 (soos gewysig of vervang) en die Regulasies daaronder gepromulgeer, of enige soortgelyke wetgewing wat in die Gebiedsgrense van toepassing is.
Parkeerfasiliteite en verskuiwing van derde partye se voertuie
Hierdie Afdeling word uitgebrei om die Versekerde skadeloos te stel ten opsigte van ongelukke wat veroorsaak word deur, of deur middel van, of in verband met, die verskuiwing van enige voertuig (wat nie aan die Versekerde behoort of aan hulle geleen, gehuur of gebruikhuur word nie), deur enige persoon in diens van die Versekerde of wat namens die Versekerde optree;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. hierdie Uitbreiding nie van toepassing is op skade aan voertuie wat teen vergoeding geparkeer is nie
2. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van enige enkele gebeurtenis hoogstens R2 500 000 (twee miljoen vyf honderd duisend rand) sal beloop.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
Sodanige voertuig (en die inhoud daarvan) word, vir die doeleindes van hierdie Uitbreiding, nie geag deur die Versekerde in trust gehou te word of in sy bewaring of onder sy beheer te wees nie.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 201










































































   201   202   203   204   205