Page 204 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 204
Passasiersaanspreeklikheid
Spesifieke Uitsondering 2 van Onderafdeling B sal nie van toepassing wees op voertuie wat in Omskrywing 2, 3 of 4 beskryf is nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding nie voorsiening sal maak nie vir:
1. spesiale tipe voertuie, vierwielmotorfietse en gholfkarretjies;
2. bestuurders vir die doel van natuurbesigtiging of georganiseerde toere wat verband hou met enige wynmaakprosesse en/of wynproe;
3. akkommodasie van Kommersiële jag- en/of wildbesigtigingsaktiwiteite en/of enige soortgelyke aktiwiteite;
4. die aanspreeklikheidsperk vir enige enkele gebeurtenis sal nie R 2 500 000 (twee miljoen vyf honderd duisend rand) oorskry nie.
Prinsipale
Nieteenstaande Spesifieke Uitsondering 2 van hierdie Afdeling, word die skadeloosstelling ingevolge Onderafdeling B uitgebrei om skadeloosstelling te bied, in die mate wat dit vereis word deur die algemene voorwaardes van ʼn kontrak, gepubliseer deur die Gesamentlike Boukontrakkomitee, die Suid-Afrikaanse Vereniging van Raadgewende Ingenieurs, die Suid-Afrikaanse Instituut van Siviele Ingenieurs en in verband met enige aanspreeklikheid wat voortspruit uit die uitvoer van sodanige kontrak, enige prinsipaal wat benoem word in sodanige kontrak wat deur die Versekerde aangegaan word vir die doeleindes van die besigheid;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy nie die aanspreeklikheidsperk wat vermeld word in die Skedule oorskry nie. Repatriasie van voertuie wat buite die gebiedsgrense gebruik word
Indien ʼn versekerde voertuig wat ingevolge Onderafdeling A verseker is, binne die gebiedsbestek van hierdie Polis verlore of beskadig word, maar buite die gebiedsgrense van die Republiek van Suid-Afrika is, sal die volgende voorwaardes sonder uitsondering geld:
1. die voertuig 'n privaat tipe motorvoertuig of ligte handelsvoertuig met 'n bruto voertuigmassa (BVM) tot en met 3 500 kg is
2. indien die versekerde voertuig verlore of beskadig word, sal die Maatskappy betaal vir koste aangegaan:
2.1 insittendes:
in die repatriasie van tot en met vier (4) insittendes terug na hul woonplek binne die Republiek van Suid- Afrika, onderworpe aan ʼn maksimum bedrag van R10 000 (tien duisend rand) per gebeurtenis;
2.2 vervoerkoste van voertuig:
vir die koste en uitgawes aangegaan vir die vervoer van die voertuig na die naaste grenspos in die Republiek van Suid-Afrika, of soos met die Maatskappy ooreengekom, onderworpe aan ʼn maksimum van R5 000 (vyf duisend rand) per gebeurtenis;
2.3 tydelike herstelwerk:
of die koste van enige tydelike herstelwerk gedoen deur ʼn hersteller wat buite die Republiek van Suid- Afrika gesetel is, onderworpe aan ʼn maksimum van R5 000 (vyf duisend rand) per gebeurtenis;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde sal aan die Maatskappy alle relevante en ondersteunende dokumentasie voorsien met betrekking tot die koste aangegaan indien dit versoek word.
Skade aan buitebande en kruipbande
Die dekking verleen ingevolge hierdie Afdeling is uitgebrei om totale verlies van, en onherstelbare skade aan, die buitebande of kruipbande in te sluit, van enige trekker, stroper of selfaangedrewe landbou implemente, wat gegewe is in die Skedule en omvattend verseker is, as gevolg van skade veroorsaak deur onsigbare of versteekte voorwerpe terwyl op die pad of enige ander oppervlak;
Motor
Bladsy | 202 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022