Page 205 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 205

 Motor
 MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy se aanspreeklikheid beperk word tot 30 000 (dertig duisend rand) per buiteband of kruipband, vir enige enkele gebeurtenis.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees;
2. alle buitebande of kruipbande van die betrokke item(s) moet gespesifiseer wees in die Skedule;
3. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke eis;
4. in die geval waar die gespesifiseerde item(s) aangewend mag word vir die doeleindes van kontrakwerk of kontrakstroop, sal die Versekerde verantwoordelik wees vir ʼn verdere eerste bedrag betaalbaar van 25% (vyf en twintig persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R5 000 (vyf duisend rand) van ieder en elke eis;
5. in die geval van ʼn verlies sal slegs die beskadigde band of kruipband vervang word en nie die stel nie; TENSY
die vervaardiger se spesifikasies dit spesifiek vereis dat die bande saam as ʼn stel vervang moet word, in welke geval die Eerste Bedrag Betaalbaar gemeld in 3 hierbo sal verhoog vanaf 10% (tien persent) na 15% (vyftien persent) van die eis en sal die Eerste Bedrag Betaalbaar in 4 hierbo genoem van 25% (vyf en twintig persent) na 30% (dertig present) van die eis verhoog;
6. die Versekerde sal op eie onkoste, ʼn inspeksie laat doen van alle skade, slytasie en verweer, deur een of meer erkende versolers/herstellers om vas te stel of ʼn band of kruipband herstel kan word en wat die omvang van slytasie en verweer ten tye van die verlies of skade is;
7. hierdie Uitbreiding sluit nie verweer en slytasie in nie.
Stropers, graantafels en snytafels
Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel kragtens Onderafdelings A en B vir verlies van, of skade aan graantafels en/of snytafels terwyl dit aan die stroper(s) wat gespesifiseer is in die Skedule geheg is of terwyl dit tydelik verwyder is daarvan;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
Die graantafel en/of snytafel nie aan enige onversekerde stroper(s) geheg is tydens die verlies nie.
Traumabehandeling
In die geval van mediese uitgawes wat nie andersins verseker is nie, sal die Maatskappy tot en met 'n bedrag van R5 000 (vyf duisend rand) per gebeurtenis betaal vir traumabehandeling by 'n sielkundige indien die Versekerde en/of gade behandeling benodig weens kaping of poging daartoe van ʼn omvattende versekerde privaat motorvoertuig of ligte afleweringsvoertuig.
Verlies van brandstof
Die dekking verleen ingevolge Onderafdeling A van die Afdeling word uitgebrei om die verlies van brandstof vanuit die petroltenk van die voertuig in die Skedule vermeld in te sluit, wat veroorsaak is deur:
1. ʼn botsing van die betrokke voertuig; of
2. diefstal of kaping van die voertuig, of enige poging daartoe, wat gepaard gaan met geweld of dreigement van geweld
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Versekerde bewys moet lewer van die hoeveelheid brandstof wat in die betrokke voertuig se petroltenk was ten tye van die verlies;
2. die Maatskappy se aanspreeklikheid sal beperk word tot R1 000 (een duisend rand) vir enige enkele gebeurtenis
3. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van R250 (twee honderd en vyftig rand).
Die Versekerde sal alle ander eerste bedrae betaalbaar wat bykomend tot die oorspronklike eis is betaal.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 203
 







































































   203   204   205   206   207