Page 207 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 207

 Motor
 MET DIEN VERSTANDE DAT:
Bykomend tot die skadeloosstellingsperk ingevolge Onderafdeling A van hierdie Afdeling, sal die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van enige enkele gebeurtenis hoogstens R10 000 (tien duisend rand) beloop.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Elektroniese toerusting gebruik vir presisie boerdery
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel vir verlies van, of skade aan elektroniese toerusting wat gebruik word vir presisie boerdery, en wat alleenlik geïnstalleer is in, of op stropers, trekkers of landboukundige werktuie, gespesifiseer in die Skedule;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die voertuig verseker is in terme van Onderafdeling A van hierdie Afdeling;
2. sodanige elektroniese toerusting moet individueel vir elke omvattend versekerde voertuig in die Skedule gespesifiseer word;
3. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van enige enkele gebeurtenis sal tot die gegewe bedrag vermeld in die Skedule beperk word;
4. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van R2 000 (twee duisend rand) ten opsigte van ieder en elke eis nie.
Uitsondering 1 onder Uitsonderings in Onderafdeling A – Verlies of skade, word gekanselleer en vervang deur:
1. Gevolglike verlies as gevolg van enige oorsaak hoegenaamd, waardevermindering hetsy as gevolg van herstelwerk na ʼn Omskrewe Gebeurtenis of andersins, enige verlies, of gevolglike verlies, of skade (behalwe deur brand) as gevolg van meganiese onklaarraking, slytasie en verweer, weierings of brekasies”.
Gebeurlikheidsaanspreeklikheid
Die skadeloosstelling ingevolge Onderafdeling B sluit eise in, wat ingestel word teen:
1. die Versekerde in die geval van ʼn ongeluk wat ontstaan uit, en in die loop van die besigheid en veroorsaak word deur, of deur middel van, of in verband met, enige motorvoertuig wat nóg die eiendom van die Versekerde is nóg deur hom/haar voorsien is, terwyl dit gebruik word deur enige vennoot, direkteur of werknemer van die Versekerde (hierna in hierdie Uitbreiding “sodanige persoon” genoem);
2. enige sodanige persoon in die geval van ʼn ongeluk wat ontstaan uit, en in die loop van die besigheid en veroorsaak word deur, of deur middel van, of in verband met, enige motorvoertuig wat nóg aan sodanige persoon of die Versekerde behoort of deur enige van hulle gebruikhuur of gehuur word, maar slegs tot die mate waarin sodanige persoon nie enige motorversekering of die voortsetting daarvan deur enige versekeraar geweier is nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. Uitsondering 2 onder Onderafdeling B geskrap word;
2. die Maatskappy nie aanspreeklik is vir verlies van, of skade aan enige motorvoertuig wat gebruik word vir die doeleindes en op die wyse wat in 1 en 2 hierbo beskryf word nie;
3. die betaling deur die Versekerde van subsidies of reistoelaes aan sodanige persoon vir die gebruik van sy/haar eie voertuig vir amptelike doeleindes van die Versekerde, insluitende die vervoer van persone vir sodanige doeleindes, toegelaat word sonder dat die versekering ingevolge hierdie Uitbreiding daardeur benadeel word;
4. indien die Versekerde of sodanige persoon ten tye van die plaasvind van enige ongeluk wat tot ʼn eis ingevolge hierdie Uitbreiding lei, ten opsigte van dieselfde gebeurtenis, op skadeloosstelling ingevolge enige ander Polis geregtig is, die Maatskappy nie aanspreeklik is om enige betaling hierkragtens te maak nie, behalwe ten opsigte van enige bedrag bó die bedrag wat ingevolge sodanige ander Polis betaalbaar is;
5. die Bepalings, Uitsonderings en Voorwaardes van die Polis andersins van toepassing is;
6. die Maatskappy se aanspreeklikheid nie die gegewe perk vermeld in die Skedule vir ieder en elke gebeurtenis sal oorskry nie.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 205










































































   205   206   207   208   209