Page 208 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 208

 Gebruiksverlies
Indien ʼn swaar handelsvoertuig met 'n BVM van meer as 3 500 kg, of trekkers of stropers verseker is in terme van Onderafdeling A en die voertuig gesteel, gekaap of beskadig word en die Maatskappy daarvoor aanspreeklikheid vir vergoeding aanvaar het, sal die Maatskappy na willekeur die Versekerde vergoed met ʼn bedrag gelykstaande aan die huur van ʼn plaasvervangende voertuig of reël vir ʼn plaasvervangende voertuig;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. Koste van die gehuurde voertuig:
1.1 die daaglikse huurkoste nie die vermelde bedrag in die Skedule, oorskry nie;
1.2 alle aflewerings- en/of afhaalkoste;
1.3 administrasiekoste wat deur die motorverhuringsmaatskappy gehef word.
onderworpe aan ʼn maksimum bedrag van R1 500 (een duisend vyf honderd rand) vir ieder en elke gebeurtenis ten opsigte van 1.2 en 1.3 hierbo.
2. Koste uitgesluit (koste waarvoor die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees nie):
2.1 enige deposito’s betaalbaar;
2.2 brandstof wat gedurende die huurtydperk gebruik is;
2.3 parkeergeld, spoed- of ander boetes, tol- of e-tolgelde;
2.4 bybetalings betaalbaar aan die verhuringsmaatskappy.
3. Die huurtydperk:
3.1 begin op die dag waarop die Maatskappy aanspreeklikheid erken ten opsigte van die oorspronklike eis en instem tot die huurvoertuig;
3.2 die huurtydperk sal eindig:
3.2.1 wanneer die voertuig na diefstal teruggevind is (en herstel is indien nodig) en aan die eienaar terugbesorg is;
3.2.2 wanneer die voertuig herstel is nadat dit beskadig is en aan die eienaar terugbesorg is;
3.2.3 wanneer die ontslag van die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van die verlies gely, afgehandel is;
3.2.4 na 30 (dertig), 45 (vyf en veertig) of 60 (sestig) opeenvolgende dae (soos vermeld in die Skedule);
wat ook al eerste geskied;
MET DIEN VERSTANDE VERDER DAT:
die huurkoste deur die Versekerde gedra word en die faktuur aan die Maatskappy verskaf word vir terugbetaling nadat die huurtydperk soos vermeld, verstryk het.
Herverkoopswaarde plus
Indien ‘n versekerde voertuig wat ingevolge Onderafdeling A verseker is, gesteel, gekaap of beskadig is en die Maatskappy daarvoor aanspreeklikheid vir vergoeding aanvaar het, sal die Maatskappy na willekeur die Versekerde vergoed met ʼn bedrag gelykstaande aan die redelike herverkoopswaarde (soos vervat in die Omskrewe Gebeurtenisse), plus die bykomende persentasie soos in die Skedule vermeld
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. Die Maatskappy se aanspreeklikheid beperk word tot:
1.1 die gegewe bedrag vermeld in die Skedule; of
1.2 die redelike herverkoopswaarde ten tye van die verlies plus die verkose bykomende persentasie:
minus die Eerste bedrag betaalbaar ingevolge Onderafdeling A, wat ookal die minste is;
2. die Versekerde die Maatskappy sal voorsien met die waarde van die voertuig, skriftelik bevestig deur ‘n motorhandelaar, goedgekeurde professionele waardeerder of ‘n geregistreerde motor klub;
Motor
  Bladsy | 206 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022


































































   206   207   208   209   210