Page 210 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 210

 Kwytskelding van verpligte eerste bedrag betaalbaar
As teenprestasie vir die betaling van 'n bykomende premie word die volgende “Eerste Bedrag(e) Betaalbaar” gekanselleer:
1. Onderafdeling A (Standaard)
2. Windskerm/Glas
3. Bykomende verpligte Eerste Bedrag Betaalbaar vir:
3.1 Haelskade
3.2 Diefstal/Kaping
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding is van toepassing op:
1. privaat tipe motorvoertuie en ligte handelsvoertuie tot en met 'n BVM van 3 500 kg
2. die Versekerde en sy/haar aangewese bestuurder wat ouer as 25 (vyf en twintig) jaar is en vir langer as vyf (5) jaar oor ʼn geldige rybewys beskik, wat nie geëndosseer is nie.
Motorhuur
Indien ʼn privaat tipe motorvoertuig of 'n ligte handelsvoertuig tot en met 'n BVM van 3 500 kg verseker is in terme van Onderafdeling A en die voertuig gesteel, gekaap of beskadig word en die Maatskappy daarvoor aanspreeklikheid vir vergoeding aanvaar het, sal die Maatskappy na willekeur die Versekerde vergoed met ʼn bedrag gelykstaande aan die huur van ʼn plaasvervangende voertuig of reël vir ʼn plaasvervangende voertuig;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. Koste en dravermoë van die gehuurde voertuig:
1.1 die daaglikse huurkoste nie die vermelde bedrag in die Skedule, oorskry nie;
1.2 die enjinkapasiteit van die gehuurde voertuig sal nie 2 000 cc (twee duisend kubieke sentimeter) oorskry nie;
1.3 die dravermoë van die gehuurde voertuig sal nie 3 500 kg (drie duisend vyf honderd kilogram) oorskry nie;
1.4 alle aflewerings- en/of afhaalkoste;
1.5 administrasiekoste wat deur die motorverhuringsmaatskappy gehef word.
onderworpe aan ʼn maksimum bedrag van R1 500 (een duisend vyf honderd rand) vir ieder en elke gebeurtenis ten opsigte van 1.4 en 1.5 hierbo.
2. Koste uitgesluit (koste waarvoor die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees nie):
2.1 enige deposito’s betaalbaar;
2.2 brandstof wat gedurende die huurtydperk gebruik is;
2.3 parkeergeld, spoed- of ander boetes, tol- of e-tolgelde;
2.4 bybetalings betaalbaar aan die verhuringsmaatskappy.
3. Die huurtydperk:
3.1 3.2
begin op die dag waarop die Maatskappy aanspreeklikheid erken ten opsigte van die oorspronklike eis en instem tot die huurvoertuig;
die huurtydperk sal eindig:
3.2.1 wanneer die voertuig na diefstal teruggevind is (en herstel is indien nodig) en aan die eienaar terugbesorg is;
3.2.2 wanneer die voertuig herstel is nadat dit beskadig is en aan die eienaar terugbesorg is;
3.2.3 wanneer die ontslag van die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van die verlies gely, afgehandel is;
3.2.4 na 30 (dertig), 45 (vyf en veertig), of 60 (sestig) opeenvolgende dae (soos vermeld in die Skedule);
wat ook al eerste geskied.
Motor
  Bladsy | 208
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022





























































   208   209   210   211   212