Page 212 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 212

 MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. passasiers wat verband hou met kliënte ten opsigte van natuurbesigtingsritte of georganiseerde toere wat verband hou met enige wynmaakprosesse, wynproe- en/of enige soortgelyke aktiwiteite of kommersiële jag- en/ of wildbesigtigingsaktiwiteite;
2. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van hierdie Uitbreiding sal nie die gegewe bedrag vermeld in die Skedule oorskry nie met betrekking tot enige enkele passasier, en ten opsigte van enige enkele eis, of reeks eise wat uit ʼn enkele gebeurtenis voortspruit, wat vervoer word in, of op ʼn permanente omslote kompartement beskryf in Omskrywing 2, of daarin, daarop, daarvan of daaruit klim; en/of
3. vervoer word in, of op, of daarin, daarop, daarvan, of daaruit klim, van enige voertuig wat ingevolge hierdie Afdeling verseker is en beskryf is in Omskrywing van Voertuig 5;
MET VERDERE DIEN VERSTANDE DAT:
1. enige voertuig waarna in 3 hierbo verwys word (uitgesonderd voertuie spesifiek aangepas of ontwerp vir die doeleindes van natuurbesigtigingsritte of georganiseerde toere wat verband hou met enige wynmaakprosesse, wynproe- en/of enige soortgelyke aktiwiteite of akkommodasie van kommersiële jag- en/of wildbesigtigings- aktiwiteite soos beskryf in Omskrywing 2) aan alle kante van die laai-area met relings toegerus is;
2. die aanspreeklikheid van die Maatskappy beloop hoogstens die gegewe bedrag vermeld in die Skedule vir enige enkele voorval.
Passasiersaanspreeklikheid – werknemers
Die Maatskappy stel die Versekerde ingevolge Onderafdeling B skadeloos teen die dood van ʼn werknemer wat vervoer word in, of op, of wat in- of op-, of uit- of af-klim van enige voertuig wat ingevolge hierdie Afdeling verseker is en omskryf is in Omskrywing van Voertuig 2 en 5, maar uitgesonderd woonwaens en abbawoonwaens sonder selfaandrywing soos omskryf in Omskrywing 5;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die voorval buite werkskonteks plaasgevind het;
2. die voertuig aan alle kante van die laai-area met relings toegerus is;
3. die Maatskappy se aanspreeklikheid beperk is tot R60 000 (sestig duisend rand) per werknemer, maar wat nie die gegewe bedrag vermeld in die Skedule ten opsigte van enige enkele gebeurtenis sal oorskry nie;
4. die bestuurder van sodanige voertuig ten alle tye oor ʼn geldige rybewys moet beskik.
Woonwaens uitverhuur
Die woord "verhuur" in die paragraaf onder die opskrif "Beskrywing van Gebruik” in hierdie Afdeling, word geskrap indien 'n woonwa deur hierdie Afdeling verseker, uitverhuur word.
Sub-paragraaf 1.4 van die Spesifieke Uitsonderings op alle Onderafdelings word met die volgende vervang: "1.4 aangegaan of opgedoen terwyl die Motorvoertuig waarmee die woonwa gesleep word;
1.4.1
1.4.2
bestuur word deur die huurder terwyl hy/sy onder die invloed is van bedwelmende drank of verdowingsmiddels (tensy dit toegedien, of voorgeskryf word deur, en geneem word in ooreenstemming met die voorskrifte van ʼn lid van die mediese beroep, behalwe hom-/haarself) of indien die huurder se bloedalkoholpersentasie die statutêre perk oorskry tydens die gebeurtenis, of terwyl hy/sy nie gelisensieer is om sodanige voertuig te bestuur nie;
bestuur word deur enige ander persoon met die algemene toestemming van die Huurder wat, met die medewete van die Huurder, onder die invloed van bedwelmende drank of verdowingsmiddels is (tensy dit toegedien, of voorgeskryf word deur, en geneem word in ooreenstemming met die voorskrifte van ʼn lid van die mediese beroep, behalwe hom-/haarself), of indien sodanige persoon se bloedalkoholpersentasie die statutêre perk oorskry tydens die gebeurtenis, of nie gelisensieer is om sodanige voertuig te bestuur nie, maar dit is nie van toepassing indien die Huurder onbewus daarvan was dat die bestuurder ongelisensieer is nie, en indien die Huurder tot bevrediging van die Maatskappy kan bewys dat daar in die normale loop van sy/haar besigheid, prosedures ingestel is om te verseker dat slegs gelisensieerde bestuurders toegelaat word om versekerde voertuie te bestuur.
Motor
  Bladsy | 210
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022











































































   210   211   212   213   214