Page 214 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 214

 1.4.1.2 indien die Versekerde se bloedalkoholpersentasie die statutêre perk oorskry tydens die gebeurtenis; of
1.4.1.3 terwyl die Versekerde nie 'n geldige rybewys het om sodanige voertuig te bestuur nie;
1.4.2 enige ander persoon met die algemene toestemming van die Versekerde wat, na die wete van die Versekerde:
1.4.2.1 onder die invloed van bedwelmende drank of verdowingsmiddels is (tensy dit toegedien of voorgeskryf word deur, en geneem word in ooreenstemming met die voorskrifte van 'n lid van die mediese beroep, behalwe hom-/haarself); of
1.4.2.2 indien sodanige persoon se bloedalkoholpersentasie die statutêre perk oorskry tydens die gebeurtenis; of
1.4.2.3 nie 'n geldige rybewys het om sodanige voertuig te bestuur nie, maar dit is nie van toepassing indien die Versekerde onbewus was daarvan dat die bestuurder nie 'n geldige rybewys het nie, en indien die Versekerde tot bevrediging van die Maatskappy kan bewys dat daar in die normale loop van sy/haar besigheid, prosedures ingestel is om te verseker dat slegs bestuurders met 'n geldige rybewys toegelaat word om versekerde voertuie te bestuur;
1.4.3 of wat onder beheer is met die doel om bestuur te word deur ʼn persoon wat nie in besit is van ʼn geldige Professionele Bestuurspermit (PrBP) nie, wat in terme van die Nasionale Padverkeerswysigingswet van 1998 benodig word om sodanige voertuig te bestuur. Hierdie Uitsondering is van toepassing indien gemelde persoon wel ʼn PrBP gehad het, maar dit nie hernu het nie en geld vir alle bestuurders van:
1.4.3.1 goederevoertuie met ʼn BVM van meer as 3 500 kg (drie duisend vyf honderd kilogram);
1.4.3.2 insleepvoertuie;
1.4.3.3 busse;
1.4.3.4 mini-busse met ʼn BVM van meer as 3 500 kg (drie duisend vyf honderd kilogram) of met 12 (twaalf) of meer sitplekke (insluitende die bestuurder);
1.4.3.5 motorvoertuie wat mense teen vergoeding vervoer;
1.4.3.6 motorvoertuie wat meer as 12 (twaalf) persone kan vervoer
maar dit is nie van toepassing indien die Versekerde onbewus was daarvan dat die bestuurder nie 'n geldige rybewys het nie, en die Versekerde tot bevrediging van die Maatskappy kan bewys dat daar in die normale loop van sy/haar besigheid, prosedures ingestel is om te verseker dat slegs bestuurders met 'n geldige rybewys toegelaat word om versekerde voertuie te bestuur;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
enige bestuurder geag word gelisensieer te wees om die voertuig te bestuur indien hy voldoen aan die lisensiewette met betrekking tot enige van die gebiedsgrense waarna in Spesifieke Uitsonderings 1.2.1 verwys word, of indien daar nie volgens wet ʼn lisensie vereis word nie, of terwyl sodanige bestuurder leer bestuur en voldoen aan die wette met betrekking tot leerlingbestuurders.
Dit word verstaan dat, vir die doel van Spesifieke Uitsondering 1, indien die Versekerde ʼn maatskappy of beslote korporasie is, sal die begrip “Versekerde” enige direkteur of senior bestuurder van sodanige maatskappy of beslote korporasie insluit.
2. Die Maatskappy is nie aanspreeklik vir enige eis wat ontstaan uit kontraktuele aanspreeklikheid nie, tensy die Versekerde nieteenstaande sodanige kontraktuele ooreenkoms aanspreeklik sou gewees het.
Motor
  Bladsy | 212 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022















































































   212   213   214   215   216