Page 216 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 216

 OMSKREWE GEBEURTENISSE
REISEND PER MOTOR
Die Maatskappy sal vergoeding betaal aan die Versekerde, of die Versekerde se boedel, nadat ʼn liggaamlike besering opgedoen is as gevolg van ʼn voertuigongeluk soos omskryf terwyl die Versekerde in ʼn versekerde voertuig reisend was, wat regstreeks aanleiding gee tot die dood, permanente algehele ongeskiktheid, tydelike algehele ongeskiktheid en/ of mediese uitgawes, die Maatskappy kom ooreen om aan die Versekerde, of die Versekerde se boedel die gegewe vergoeding wat vermeld is in die Skedule te betaal.
OMSKRYWINGS
Reisend per motor
   Versekerde
 Versekerde Persoon
 Vervoer
     Versekerde Voertuig
die voertuig of voertuie wat in die Skedule gelys en as sodanig deur die registrasienommer, VIN (voertuig identifikasienommer) of die enjinnommer geïdentifiseer kan word
     Voertuig
ʼn selfaangedrewe motorvoertuig wat geregistreer is in die Republiek van Suid-Afrika en sluit in ʼn:
1. sedan, stasiewa, Veeldoelige voertuig (VDV) of Sportnutsvoertuig (SNV) en voertuie soortgelyk aan VDV’s en SNV’s wat op alternatiewe wyse as VDV’s en SNV’s beskryf word, gelisensieer om nie meer as tien (10) passasiers, insluitende die bestuurder, te dra nie en geregistreer in die Republiek van Suid-Afrika.
2. Ligte Afleweringswa (LAW) met ʼn dravermoë tot en met 1 500 kg (een duisend vyf honderd kilogram) met maksimum drie (3) passasiers in die ruimte spesifiek ontwerp om aan die bestuurder en passasiers sitplek te bied (kajuit). Persone nie in die kajuit van die voertuig nie, word uitgesluit. Die voertuig moet in die Republiek van Suid-Afrika geregistreer wees.
3. Ligte Afleweringswa (LAW) bekend as ʼn dubbelkajuit met ʼn dravermoë tot en met 1 500 kg (een duisend vyf honderd kilogram) met maksimum vyf (5) passasiers in die ruimte spesifiek ontwerp om aan die bestuurder en passasiers sitplek te bied (kajuit). Persone nie in die kajuit van die voertuig nie, word uitgesluit. Die voertuig moet in die Republiek van Suid-Afrika geregistreer wees.
Motorfietse met inbegrip van drie- en vierwielmotorfietse of iets soortgelyks, en Voertuie wat hoofsaaklik gebruik word om vrag te vervoer of vir openbare vervoer aangewend word, word uitgesluit en word nie kragtens hierdie Polis ingesluit nie
     Motorvoertuigongeluk
ʼn skielike, onverwagse ongeluk of ʼn reeks ongelukke wat voortspruit uit dieselfde oorsaak wat op ʼn identifiseerbare plek en tyd binne die Gebiedsgrense en die Versekeringstydperk plaasvind en waarby ʼn Versekerde Voertuig betrokke is
     Liggaamlike besering
fisiese trauma of liggaamlike besering aan ʼn Versekerde Persoon as gevolg van ʼn Motorvoertuigongeluk waar die fisiese trauma of liggaamlike besering die Versekerde Persoon beseer of ongeskik laat, en wat geheel en al onafhanklik is van enige
ander fisiese of geestelike gestremdheid, gebrek, swakheid of oorsaak wat voor die Motorvoertuigongeluk bestaan het, en genoemde fisiese trauma of liggaamlike besering lei tot:
1. Dood of Permanente Algehele Ongeskiktheid of Tydelike Algehele Ongeskiktheid binne 24 (vier en twintig) maande van die Motorvoertuigongeluk; en/of
    die Persoon wat hierdie Polis uitneem en genoem word as die polishouer in die Skedule
die Versekerde en enige persoon wat in ʼn Versekerde Voertuig ten tye van die Motorvoertuigongeluk Vervoer word
om in die Versekerde Voertuig te wees, insluitend om deur ʼn ander voertuig beseer te word, terwyl daar in of uit die Versekerde Voertuig geklim word
   Bladsy | 214
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022








































































   214   215   216   217   218