Page 215 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 215
Motor
SPESIFIEKE VOORWAARDE Bestuurderslisensie
'n Geldige rybewys is 'n rybewys wat nie gekanselleer, opgeskort of herroep is nie.
Indien enige bestuurderslisensie ten gunste van die Versekerde of sy/haar/hulle gemagtigde bestuurder gedurende die geldigheidsduur van hierdie Afdeling geëndosseer, opgeskort, gekanselleer of herroep word, of indien die Versekerde of sy/haar/hulle gemagtigde bestuurder van nalatige, roekelose of onbehoorlike bestuur aangekla of skuldig bevind word, moet skriftelike kennisgewing aan die Maatskappy gestuur word sodra die Versekerde van sodanige feit bewus word.
Voertuigsekuriteit/immobiliseerder
1. Indien die Maatskappy spesifiseer dat ʼn sekere soort sekuriteitstelsel geïnstalleer moet word in enige versekerde voertuig gegewe in die Skedule van hierdie Afdeling, vir die Versekerde om vir diefstaldekking ingevolge hierdie Polis te kwalifiseer, of as die Versekerde ʼn sekuriteitskorting op enige versekerde voertuig gegewe in die Skedule van hierdie Afdeling ontvang, rus die onus op die Versekerde, in die geval van diefstal van enige versekerde voertuig, om te bewys dat die sekuriteitstelsel geïnstalleer, gestel en ten volle operasioneel was.
2. Die Versekerde sal verseker dat die diensooreenkoms met en/of aanbevelings deur die vervaardigers en/of installeerders van enige sodanige sekuriteitstelsel ten alle tye nagekom word. Dit sluit gereelde self-toetsing of ander wyses van toetsing in.
3. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees ten opsigte van enige verlies of skade wat voorspruit uit sodanige diefstal van sodanige voertuig nie as die Versekerde:
3.1 nalaat om enige vereiste sekuriteitstelsel te installeer of versuim om dit te stel en/of te aktiveer voor die diefstal van die motor;
3.2 die diensooreenkoms kanselleer;
3.3 versuim om enige ledegeld verskuldig ten opsigte van sodanige ooreenkoms te betaal.
In die geval dat die Maatskappy spesifiseer dat ʼn sekere soort opsporingstelsel in ʼn versekerde voertuig geïnstalleer moet word, moet die Versekerde seker maak dat die voertuig ten alle tye met die opsporingsdiens verbind is, en dat die versekerde voertuig se opsporingseenheid operasioneel en ten alle tye geaktiveer is.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 213